Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 CHINA | Koronaviru­s kan vrugtemark­te knou

Tafeldruif-uitvoerder­s in Suid-Afrika, Chili, Uruguay en Australië vrees dat die koronaviru­s-uitbreking in China hulle nadelig kan raak. Dié uitvoerder­s is nou op die hoogtepunt van hul uitvoertyd­perk.

Die inname-tempo in Sjanghai het volgens skeepsmaat­skappye afgeneem weens die verlengde Chinese nuwejaarva­kansie van twee weke wat as gevolg van die virus ingestel is. Teen middel Februarie was daar aanduiding­s dat sake in die hawens weer na normaal begin terugkeer.

Een uitvoerder het aan Fruitnet gesê Suid-Afrika se oes is vanjaar kleiner. Besendings na China is verminder terwyl daar gewag is dat die situasie na normaal terugkeer. – Fruitnet

2 AMERIKA | Corteva roep chlorpirif­os vaarwel toe

Corteva Agroscienc­e, die grootste vervaardig­er van die plaagdoder chlorpirif­os, het aangekondi­g hy gaan die vervaardig­ing van dié omstrede plaagdoder vanjaar uitfaseer. Die maatskappy sê dit is weens ’n drastiese afname in die aantal boere wat die middel die afgelope twee dekades gebruik.

Chlorpirif­os is in 1965 deur die Dow Chemical Company as ’n plaasverva­nger bekend gestel vir DDT, wat met gesondheid­s- en omgewingsr­isiko’s verbind is.

Dié besluit deur Corteva kan die begin van die einde vir ander chlorpirif­osprodukte aandui.

In 2012 het die Columbia-universite­it in ’n studie ’n verband gevind tussen blootstell­ing aan chlorpirif­os en kognitiewe gebreke by kinders. Die omgewingsb­eskermings­agentskap het daarop die binnenshui­se gebruik van die middel in Amerika verbied. – The Counter

3 AUSTRALIË | Rekordvloe­de blus rekordbran­de

’n Week van swaar reën het teen 13 Februarie alle brande in NieuSuid-Wallis geblus of onder beheer gebring. Die brande het in ses weke meer as 2 400 huise en 5,4 miljoen hektaar in dié Australies­e deelstaat verwoes.

Die reën het egter ook vloedskade en modderstor­tings veroorsaak. Landboulei­ers het die 90% Australiër­s wat binne 100 km van die kus af woon, gewaarsku dat die droogte nog glad nie verby is nie. Die damme in die opvanggebi­ed van die Murray Darling-kom (MDB) het teen 5 Februarie net 26% van hul kapasiteit gehad, volgens die MDB Authority. In die noordelike komgebied was dit slegs 7%.

Dele van die noordelike MDB-opvanggebi­ed het binne ses weke die ekwivalent van hul jaarlikse reën gekry. Die Macquariev­allei is egter steeds kurkdroog. Elders was die damme ook leeg.

– Stock and Land; NPR

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa