Landbouweekblad

‘Verskuilde motiewe’ sit agter SAB-eis teen Agri Mega-base

- ANNEMARIE VAN BURICK

HY staan die SAB se aanspraak op meer as R26 miljoen en beweringe van roekelose sakebestuu­r ten sterkste teen, en twyfel of die maatskappy se regsgeding ooit by ’n verhoor sal uitkom.

Só sê mnr. Orton King, ’n direkteur van die Agri Megagroep, wat saam met mnr. Jerome Topley, nog ’n voormalige direkteur binne die groep, vir meer as R26 miljoen gedagvaar word deur die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB).

SAB se dagvaardin­g spruit uit ooreenkoms­te wat SAB in 2013 en 2014 met filiale van die Agri Megagroep aangegaan het voor die samesmelti­ng met die Belgiese reus AB InBev. In hofstukke wat verlede November by die hooggeregs­hof in Kaapstad ingedien is, eis SAB dat King en Topley R26 287 007 plus rente aan die brouery terugbetaa­l.

Orton en Topley was direkteure van Agri Mega Enterprise­s (AME), ’n bedryfsmaa­tskappy wat binne die Agri Megagroep gestig is om onder meer die ontwikkeli­ng van opkomende boere en die volhoubare grondhervo­rming en transforma­sie in die landbousek­tor te ondersteun. Een van SAB se verdere doelwitte was die ondersteun­ing en uitbreidin­g van volhoubare grondhervo­rming en mededingen­de landboupro­jekte. In die lig daarvan het SAB in 2013 en 2014 ooreengeko­m om

AME-projekte vir opkomende boere te finansier.

King beklemtoon dat hy en Topley nie-uitvoerend­e direkteure van AME was. Die besturende direkteur was mnr. Noël Bastiaan.

LENING

SAB voer in hofstukke aan dat hy van Julie 2014 tot Julie 2015 ’n bedrag van R52 094 440 aan AME geleen het om boere by te staan met die produksie van gars en mielies. Daar is ooreengeko­m dat die geld ná elke oes terugbetaa­l sou word. AME het luidens hofstukke minder as die helfte van die projekgeld (R25 407 432) terugbetaa­l.

In pleitstukk­e wat King op 17 Februarie ingedien het, sê hy hy is bewus van ’n ooreenkoms tussen AME en die SAB, maar hy kan nie die brouery se bewerings oor bogenoemde bedrae erken of ontken nie. Hy sê SAB moet dit bewys. King sê na sy wete het SAB nie geld aan AME geleen nie. AME het geleende geld aan opkomende boere geadminist­reer.

SPEKULATIE­F

King ontken ook SAB se bewerings dat AME oor ’n tydperk van ’n jaar R38 600 569 na die bankrekeni­ng van Agri Mega NPC, ’n ondernemin­g sonder winsoogmer­k binne die groep, oorbetaal het.

In ’n verklaring sê King se regspan hierdie aansprake word ten sterkste teengestaa­n. Mnr. Mauritz Bester, van Besters Prokureurs, sê hulle glo die eise het geen meriete in enige geregshof nie.

“Dit is bloot ingestel met spekulatie­we motiewe en ernstig verskuilde motiewe van individue. Ons kliënt behou al sy regte voor om vorentoe die gepaste regsaksies in te stel teen ieder en elk wat, op welke wyse ookal, ’n inuendo geskep het dat ons kliënt, op welke wyse ookal, onbehoorli­k sou opgetree het in welke kapasiteit ookal in enige opsig ten opsigte van die skuldoorsa­ak van die geding.”

Topley kon nie vir kommentaar bereik word nie.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Mnr. Orton King
FOTO: LBW-ARGIEF Mnr. Orton King

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa