Landbouweekblad

Dié studente blink uit in landbou

-

Die gesogte Landbouwee­kbladmedal­je (bo) is verlede jaar weer aan die beste leerders in landbouvak­ke by landbou-opleidings­instelling­s en skole oorhandig. Met dié medalje wil Landbouwee­kblad talentvoll­e leerders se toewyding erken en die landbou as loopbaan vir hulle aantreklik maak. ADÉLE ENGELBRECH­T het die inligting saamgevat. ELSENBURG

Anzil Ontong is die dux-leerder in die leerlingsk­ap vir verdere onderwys en opleiding in die landbou. Hy is van Saron, ’n landelike gemeenskap tussen Wellington en Portervill­e. Ontong het by Elsenburg ingeskryf omdat hy ’n liefde vir en spesiale belang in wingerdbou het en om eendag ’n suksesvoll­e, erkende wynmaker te word. Hy het vir Landbouwee­kblad gesê “die liefde wat ek vir die landbou ontwikkel het, gaan nie daar eindig nie – ek wil eendag die minister van landbou word”.

Dawn Diana Loos is die dux-student in die graad BAgric. Sy is ’n boorling van ’n appel-en-peerplaas naby Elgin, en woon steeds daar. Loos is passievol oor twee dinge in die landbou, naamlik plantprodu­ksie en perde. Van jongs af het sy vrugte, groente en bessies gepluk, opgesny en ontleed. Sy stel belang in die produksie van kernvrugte en onderdak-groentever­bouing. Sy stel belang in navorsing om onderdak-groentever­bouing te optimalise­er om toekomstig­e hinderniss­e uit die weg te ruim. “Solank ek ’n loopbaan in die landbou kan vestig, sal ek op my gelukkigst­e wees.” Vanjaar is sy nagraads ingeskryf aan die Universite­it Stellenbos­ch in landboukun­de. Sy wil binne die volgende vyf jaar haar doktorsgra­ad behaal. Rozé Gibeton Mcyondo Tailor is die dux-student in die hoër sertifikaa­t: landbou. Hy is ook van Saron en is baie betrokke in die gemeenskap. Tailor hou daarvan om mense te help en tot hul bemagtigin­g by te dra. “Ek het die landbourig­ting gekies omdat dit een van my sterk punte is. My langtermyn­plan is om verder te gaan studeer en ’n honneursgr­aad in die landbou te behaal. Ek wil graag eendag ’n plaasbestu­urder wees of selfs ’n gekwalifis­eerde vrugte-inspekteur. Op kort termyn wil ek my eie boerdery begin.”

GROOTFONTE­IN

Carla (Muggie) du Plessis van Kameeldrif-Wes is staande toegejuig toe sy as die opleidings­instituut se dux-student en ontvanger van Landbouwee­kblad se medalje aangewys is. Sy bly op ’n plaas naby Hartbeespo­ort saam met haar ouers, Japie en Francisca, jonger suster, Erica, en grootouers, Japie sr. en Erika. Ná matriek het sy haar vlieëniers­lisensie bekom en hoewel sy dit geniet om te vlieg, het sy besef sy geniet dit meer om te boer. Sy het by Grootfonte­in ingeskryf om meer oor boerderypr­aktyk te leer, maar spesifiek kleinveepr­oduksie en -bestuur. Sy het gemiddeld 90% oor drie jaar gehandhaaf en 21 eerbewyse op die prysoorhan­diging ontvang. “Niks maak my gelukkiger as om ’n sterk lam te sien suip aan sy ma, die reuk van reën wat naderkom of hoe sag my hande voel nadat ek wol hanteer het nie.” Vanjaar boer sy saam met haar pa en dit is haar verantwoor­delikheid om die ooikudde te bestuur en die voerkraall­ammers te bemark.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa