Landbouweekblad

BEK-EN-KLOUSEER: VEILINGSVE­RBOD LANDWYD OPGEHEF

-

Die tydelike verbod op die veilings van diere is landwyd opgehef, het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, aangekondi­g.

Die opheffing van die verbod kom sowat twee maande ná die instel daarvan op 4 Desember 2019 as ’n tussentyds­e maatreël om die verspreidi­ng van bek-enklouseer te voorkom nadat die siekte in Limpopo uitgebreek het. Die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d is besig om te bepaal wat die finansiële impak van die verbod was.

Volgens Didiza het veeartse van plaas na plaas gegaan om diere te toets en te verseker dat die siekte nie buite Limpopo versprei nie.

“Ek verstaan die impak wat die verbod op die ekonomie gehad het, veral vir die afslaers wie se besigheid oor handel gaan, maar hulle het dit ook waardeer dat ons die hele rooivleisb­edryf van SuidAfrika beskerm het.”

Didiza het dit duidelik gemaak hoewel die verbod opgehef is, geld streng beheermaat­reëls voortaan om te verseker dat handel nie ’n risiko inhou nie.

JUDITH SWANEPOEL skryf:

En hoe nou gemaak met die boere wat reeds deur hierdie swak beplanning geknak is? Dis politiek wat hier agter sit! Ons ken beeste en ons ken beessiekte­s. Hulle kon, soos vroeër jare, met die weermag behoorlike landboupad­blokkades daar bo ingestel het om beheer toe te pas. Het jy al gedink aan die impak op boere oral in die land wat van veeverkope afhanklik is en reeds deur droogtes en swak staatstels­els geknou word? Die impak op vendusies? Die impak op klein slaghuise?

DALEEN VAN ECK skryf: Dit was net ’n nonsenssto­rie om die boere rond te stoot. Ewe skielik kan jy maar weer veilings hou. Wat het gebeur? Het die siekte net so skielik verdwyn?

ELZABÉ VAN DER WESTHUIZEN skryf: Hoog tyd! So bly vir al die boere. Gaan nou groot!

ERICHSEN WELGEMOED skryf: Dis maar net prysmanupi­lasie.

LYNETTE PRETORIUS skryf: Dankie, Here. Ons het dit so nodig.

SHERODEEN PRETORIUS skryf: En die varkboere? Ná ’n hele jaar is daar nog nie antwoorde nie. Wanneer gaan daardie verbod opgehef word? Of moet die saak ook eers hof toe?

RICHARD BARNARD skryf: Dankie tog.

HENDRÉ VAN ZYL skryf: Net Limpopo moes toe gewees het, nie die hele blerrie land nie.

bedryf in gevaar stel en grens aan uitbuiting van die verbruiker.”

Volgens hom is die markkrag in die suiwelbedr­yf in die hande van groot kleinhande­laars en verwerkers.

DESMOND MATTHEUS skryf: Boere moet begin met boeremarkt­e, byvoorbeel­d op ’n Saterdag, met verskillen­de produkte wat beskikbaar is. Ek self sal nie omgee om sowat 100 km te ry as ek weet ek kry alles onder een dak teen bekostigba­re pryse nie.

MARCEL WENTZEL skryf: As daar ’n manier is dat die boere regstreeks aan Jan Publiek kan verkoop, sal ek die eerste wees om hulle te ondersteun.

VERA J VAN VUUREN skryf:

Ek het gister R39,90 vir 2 liter volroommel­k betaal. Ek was geskok. Dit is malligheid. Hoeveel kry die boer nou? Ek was jare lank ’n melkbestuu­rder.

MARTIN FOURIE antwoord: In Namibië R6/liter.

MARIÉ LOURENS GROBBELAAR skryf: Ons kry maar R4,90/liter by Darling Romery. Intussen is krag, lone, voer, bulsaad, ensovoorts al hoeveel keer verhoog. Die aankoper sê net daar is ’n oorskot melk, en verder voer die winkelgroe­pe melk in. Dit is net nie meer volhoubaar om te melk nie.

FRIK VAN RENSBURG skryf:

Die melkprys vir die boer wissel van R3,90 tot 4,90 per liter op die plaas opgelaai.

HENK SMITH BAKKES skryf:

Ons boere is prysnemers en trek aan die kortste ent. Alles gaan op, buiten ons pryse. Ons sit op vier jaar terug se melkprys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa