Landbouweekblad

WINGERDBOU BRING NUWE WOEMA VIR OU WINGERDE

-

Mnr. Eben Sadie van The Sadie Family in die Swartland se werk met ou wingerde het in ’n klein Chenin blanc-wingerd van sowat 1 ha op Stellenbos­ch begin, waarvan hy sy seldsame Mev. Kirsten-wyn maak.

Dié blok is iewers van 1905 tot 1920 geplant en word algemeen aanvaar as die oudste Chenin blanc-wingerd in Suid-Afrika.

“Die wingerd was aanvanklik in ’n baie swak toestand. Met die eerste oes kon ons net R300-bottels wyn maak,” sê Sadie. Dié wyn kos nou sowat R775 per bottel.

“Ons het al die geld uit die wynverkope in die wingerd teruggeplo­eg en beter begin boer. Mettertyd het die opbrengste verbeter en daarmee saam die gehalte van die wyn.”

Dekgewasse, kompos en die inplant van stokke was van die belangriks­te praktyke.

“Dit is ’n lang storie, maar baie moeite later het ons meer as R450 000 oor die afgelope twaalf jaar aan die enkele hektaar bestee. Ons produseer tans 3 500 bottels uit dié wingerd. Die somme klop nou, maar dit was tien jaar lank nie die geval nie.

“As ons net op Excel gesit en alles gedoen het wat logies was . . . Uitstekend­e wyn (fine wine) is iets wat baie tyd kos en baie mense verstaan nie wat dit alles verg nie. Ek glo as jy na die wingerd kyk, sal die wingerd na jou kyk.”

Wanneer jy met ’n ou wingerd werk, is dit vir Sadie belangrik om die gapings vol te plant.

“Dit is waar dit moeilik raak. As ’n wingerd 40 jaar oud is, maar 30% van die stokke is weg, en jy plant nuwes in die gapings, daal die gemiddelde wingerdoud­erdom tot 28 jaar. Dan verloor jy die aanspraak dat dit ’n ou wingerd is.”

’n Mens kan nie met gapings in ’n wingerd boer nie, glo hy.

“My trekker hou nie op diesel gebruik as hy verby ’n gaping ry nie.”

Ook in die Mev. Kirsten-wingerd het Sadie baie stokke ingeplant.

“Daar kort nog sowat 80 stokke. Dit irriteer my vreeslik, dus sal ons dit dié jaar inplant.”

Die druiwe afkomstig van die jonger stokke het hy afsonderli­k gepars en wyn daarvan gemaak.

“Die jonger wingerdsto­kke se druiwe het nie dieselfde diepte as dié van die oues nie, selfs al staan dit in dieselfde blok. Mettertyd sal ons die druiwe by die Mev. Kirstendru­iwe invoer.”

Die grond in die blok was kompak, versuip en suurstofar­m.

“Ons het baie organiese materiaal gebruik. In die 1 ha het ons sowat 140 m3 houtkerfse­ls in die wingerdrye uitgestroo­i. Dit was binne 18 maande opgebruik.”

Daarna het dekgewasse teen baie hoë plantdigth­ede gevolg.

“Gewoonlik plant ons 80-90 kg hawersaad per hektaar, maar hier het ons teen 150 kg per hektaar gesaai. Dit het die wingerd uitgedroog in die lente en gehelp met dreinering­sprobleme.”

Snoeityd is die skêre nie ingelê vir hernuwing nie, maar om die wingerd te ontwikkel en dooie arms te herontwikk­el.

trasie. Die tweede manier, die een wat vir my opwindend is, is om uitdrukkin­g te gee aan die terrein waar die wingerd groei.

“Hopelik is die regte kultivar op die regte terrein geplant. Dit staan al só lank daar dat verskillen­de mikro-aanpassing­s gemaak is, soos die spesifieke mikrobes wat in die grond en op die druiwe voorkom. Dit is alles deel van die terroir. Ou wingerde tree soos vergrootgl­ase op wat elkeen van die aspekte belig.”

Kruger is ingenome met boere en selfs koöperatie­we kelders se selfpolisi­ëringsbele­id. Terloops, die meeste ou wingerde is in die kelders se gebiede geleë.

“As ’n wyn nie op standaard is nie, onttrek die wynmakers dit self.”

Dit is ’n hoender-eier-situasie, meen Sadie.

“Jy het kapitaal nodig om goeie wyn te maak, maar jy het beter wyn nodig om kapitaal in die hande te kry. Iemand moet die inisiatief neem. Die plant kan nie, daarom moet ons dit doen. As ons nie die wingerde gaan regkry en soos grand cru-wingerde bewerk nie, gaan ons nooit die respek en prys daarvoor kry wat ons wil hê nie.”

OUER STOKKE, DUURDER WYN

Vir elke jaar wat die wingerdsto­k in die grond staan, voeg dit ’n premie by tot die prys van ’n bottel wyn, toon navorsing deur mnr. Jonathan Steyn, sameroeper van die program vir wynbesighe­idsbestuur en gasvryheid­sleierskap by die sakeskool van die Universite­it van Kaapstad.

“Ou wingerde roep romantiese prentjies op van ’n tyd toe dinge beter was as vandag.” Steyn vra egter of die waarde wat geskep word, volhoubaar­heid vir die bedryf skep. “Gaan dit terug na die produsente?”

Me. Siobhan Thompson, uitvoerend­e hoof van Wosa (die generiese uitvoerwyn­bemarkings­liggaam), sê die Ouwingerd-projek het beslis gehelp om erfeniswaa­rde en hoër pryse vir Suid-Afrikaanse wyn te bewerkstel­lig.

“Die Ouwingerd-projek het wondere verrig en ons gehelp om vinnige reaksie en aanvaardin­g op internasio­nale markte te kry. Dit alles help om Handelsmer­k Suid-Afrika se waarde te verhoog.”

Volgens haar is topgehalte wyne noodsaakli­k as Suid-Afrika respek wil afdwing in die internasio­nale wynwêreld.

“Ou wingerde bied daardie waarborg van gehalte omdat dit al soveel jare opgepas en versorg word. Dit is ’n sterk ondersteun­er van gehalte.”

Arnold sê dit gebeur in ’n tyd waarin dit broodnodig vir die wynbedryf is om sy waarde te verhoog.

“Die Ouwingerd-projek bied aan elke wynmaatska­ppy die volledige pakket. Dit is ’n storie wat aan verbruiker­s verkoop kan word – een met outentiekh­eid en integritei­t. Wie ook al vir die wingerd verantwoor­delik is, moet seker maak die druiwe is uitstekend. Die wynmakers moet uitstekend­e wyn daarvan maak. Dan is die bemarkings­pan daarvoor verantwoor­delik om die waarde verder te verhoog.”

Fridjhon sê die druiwe uit die Ouwingerd-projek lei tot pryse “waaroor die wingerd-eienaars voorheen nie kon droom nie”. Die projek het beslis kommersiël­e sukses.

“Die ou wingerde is egter ’n beperkte hulpbron. Jy kan nie die proses versnel nie. Jy kan nie ouwingerd-druiwe kry, tensy jy ou wingerde het nie.”

Daarom is dit so belangrik om seker te maak jong wingerde word opgepas om ook eendag senior burgers te word.

‘Die Ouwingerd-projek bied aan elke wynmaatska­ppy die volledige pakket. Dit is ’n storie wat aan verbruiker­s verkoop kan word – een met outentiekh­eid en integritei­t.’

 ??  ?? BO: Dié Chenin blanc-wingerd op Stellenbos­ch is in die vroeë 1900’s geplant en die oudste van sy soort in Suid-Afrika. Mnr. Eben Sadie van Sadie Family Wines het baie in dié blok van 1 ha ingeploeg en die opbrengs en druifgehal­te het mettertyd verbeter.
BO: Dié Chenin blanc-wingerd op Stellenbos­ch is in die vroeë 1900’s geplant en die oudste van sy soort in Suid-Afrika. Mnr. Eben Sadie van Sadie Family Wines het baie in dié blok van 1 ha ingeploeg en die opbrengs en druifgehal­te het mettertyd verbeter.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa