HET JY GEHOOR?
‘Ons hoor net van sulke dinge wat doer in die Vrystaat en ander provinsies gebeur en hierdie ding het ons laat skrik.’
MNR. RUDI OBERHOLZER, voorsitter van die Van Wyksvlei-boerevereniging, oor ’n aanval op ’n boervrou van die omgewing. Bl. 16
‘Om nou honderdduisende rande vir watervloeimeters uit te haal . . . Ons hét net nie daardie geld nie.’
MNR. DRICKUS BOTHA van TLU SA se waterkomitee, oor die koste van watermeters, wat verlede jaar verpligtend gemaak is. Bl. 16
‘Ek het nie gedink ons gaan só baie maak nie. Maar nou laat dit my nogal goed voel.’
JEDRI JANSE VAN RENSBURG, Bultfonteinse plaasseun, oor die sukses van sy voetpomp vir handreiniger. Bl. 21
‘Sodra die restaurante en hotelle weer begin sake doen, sal die verbruik van duurder rooivleissnitte gestimuleer word.’
MNR. KOOS VAN DER RYST, nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusenteorganisasie, oor die stand van die mark. Bl. 18
‘Ons (kan) deur ons navorsing werklike oplossings vir die bedryf skep.’
PROF. EDDIE WEBB, van die Universiteit van Pretoria se departement dierkunde, oor die waarde van hul voerkraalkompetisie. Bl. 18