Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE wêreldwye sluiting van restaurant­e, sportstadi­ons en rolprentte­aters beteken dat daar vir die eerste keer in 40 jaar ’n daling in die vraag na suiker is, ná regerings, dokters en TVsjefs mense vir jare sonder sukses probeer oorreed het om minder suiker in te neem.

“Die verbruik van kos en drankies buite die huis is normaalweg meer as wat jy dit nou mee sal vervang en tuis verbruik,” sê mnr. Ben Seed, ’n ontleder by die voorsienin­gskettingd­iensverska­ffer Czarnikow in Londen.

Die suikerbedr­yf was reeds voor Covid19 onder beleg. Die groei in vraag, wat grootliks deur ontwikkele­nde lande gedryf is, het die afgelope jare verlangsaa­m weens suikerbela­stings in talle lande en druk van gesondheid­sgroepe om koolhidraa­tinname te verminder weens vetsug. Maatskappy­e het gereageer met minder vetmakende lekkernye en suikervrye koeldranke.

Niks hiervan het egter soveel impak gemaak soos die uitwerking van inperkings op uitgawes buite die huis nie. En die wêreldwye resessie takel ook vraagvooru­itsigte af.

Czarnikow raam dat suikerverb­ruik in die huidige seisoen met 1,2% sal daal tot 169,9 miljoen ton, en die Internasio­nale Suikervere­niging sê die krisis het die meeste van 2020 se geprojekte­erde verbruikst­oename uitgewis, en groter verliese kan volg.

Net in die eerste drie weke van April het CocaCola se volumes met sowat 25% gedaal, en PepsiCo verwag ’n daling in inkomste in die tweede kwartaal. Die dalende vraag sal groter as verwagte suikersurp­lusse tot gevolg hê in dié en die volgende seisoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa