Landbouweekblad

‘GROENTEBAN­KE’ TEEN HONGER

- HEIN VAN DER WALT

Amelia Genis se artikel “Voedselste­lsel: Meer plaaslik, meer demokratie­s” (LBW, 18 Junie 2020) noem dat sowat 20 miljoen Suid-Afrikaners teen middel April nie genoeg kos gehad het nie en dat 750 000 gereeld kospakkies gekry het.

In die artikel word ook korter voedselket­tings en ’n ekonomie van solidarite­it bepleit met netwerke van woonbuurte wat regstreeks met kleinboere skakel om produksie te bekom, samewerkin­g tussen plaaslike kostuine, die plaaslike voorbereid­ing van kos om surplusse te gebruik, en ’n soort netwerk van verkryging en verspreidi­ng op plaaslike vlak.

Vele tuisnywerh­ede kan daaruit voortsprui­t. Klein besighede het amper almal verdwyn, maar kan weer tot stand gebring word in so ’n ekonomie, skryf sy.

Dit skakel in by prof. Johan Willemse se ontleding in dieselfde uitgawe (“Prysbeheer op voedsel en boere se aandeel”). Hy beklemtoon dat boere soveel moontlik aan die ketting moet deelneem om met die skakels langs ’n winsie te skep.

Die artikel “Padstal gebore uit droogtenoo­d” (LBW, 14 Mei 2020) oor mnr. Nico Greeff van Vredendal is ’n praktiese voorbeeld hiervan. Op ’n leë stuk grond van sy buurman en met ou besproeing­spype het hy verlede jaar R200 000 se groente geoes. Die rak agter hom op die foto wys ook ander produkte. Dis van die boord na die bord sonder tussengang­ers.

Om hongersnoo­d in Suid-Afrika te takel, kan landboukoö­perasies dit oorweeg om saam met hul ander uitreikaks­ies en opheffings­pogings tuinbouklu­bs van stapel te stuur. Kundigheid kan uitgeruil, saad en kunsmis verkoop, entreprene­urskap bevorder, en honger en armoede verlig word. Die koöperasie­s kan rakspasie beskikbaar stel vir sulke “groenteban­ke” en tuisnywerh­ede.

Ons Roodepoort­se statutêre forum vir ouer persone moedig senior burgers en tehuise vir bejaardes aan om hul eie groente te kweek en sal graag by die “groenteban­ke” inskakel om groente te koop en surplusgro­ente te verkoop. Ons wil dit ook by skole bevorder om vitamiente­korte wat leervermoë­ns strem, teen te werk.

Roodepoort-forum vir ouer persone

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa