SA SITRUS BULT SPIERE IN AMERIKAANSE UITVOERMARK
DIE Amerikaanse departement van landbou verwag dat ál meer SuidAfrikaanse sitrus in die komende jare daarheen uitgevoer sal word.
In sy wêreldwye landbouinligtingsnetwerkverslag sê die agentskap groei in die plaaslike bedryf is gestimuleer deur hoër opbrengste, nuwe aanplantings wat in produksie kom, en ’n groter vraag na sitrus. Tog kan die impak van die Covid19pandemie op verbruikers se besteebare inkomste, beperkings op verskeping en by hawens nie misgekyk word nie, en dit bly ’n bron van kommer vir plaaslike uitvoerders.
Onder die hefngvrye regulasies van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) meen die departement dat sitrusuitvoer na Amerika sal bly groei.
PITLOOS
Lemoenuitvoer na Amerika is besig om te krimp namate boere meer sagtesitrus daarheen uitvoer. Luidens die verslag het lemoenaanplantings vanjaar met sowat 2% tot 43 578 ha toegeneem, gegrond op die uitbreiding in pitlose lemoenkultivars. Lemoenproduksie sal na verwagting met 1% groei tot 1,6 miljoen ton in die 2019’20bemarkingsjaar.
Hoewel uitvoer na Amerika gaan afneem, sal groter uitvoer na die Europese Unie, Asië en die MiddeOoste beteken dat lemoenuitvoer vanjaar met sowat 8% sal styg tot 1,28 miljoen ton.
Die departement verwag dat die aanplanting van sagtesitrus vanjaar met sowat 9% tot 21 000 ha kan toeneem danksy produsente se reaksie op die groeiende wêreldwye vraag na pitlose nartjies en die hoër winsmarges van dié soort sitrus vergeleke met ander soorte sitrus. Dit beteken ook die produksie van sagtesitrus sal met sowat 12% groei tot 421 000 ton.
Sagtesitrusuitvoer sal met rondom 16% tot 344 000 ton styg in die 2019’20bemarkingsjaar.
Uitvoer van sitrus na Amerika onder Agoa het die afgelope vier seisoene met gemiddeld 15% per jaar gestyg.
Dié neiging sal na verwagting voortduur gegrond op die groeiende mark vir sagtesitrus in Amerika, asook volgehoue hefngvrye marktoegang onder Agoa.
AANPLANTINGS GROEI
Luidens die verslag is 86 808 ha sitrus in 2019 aangeplant, sowat 6% meer as in 2018.
Die groeineiging sal na verwagting bly styg, veral as die aansienlike beleggings en aggressiewe nuwe aanplantings van sagtesitrus, suurlemoene en nuwe lemoenkultivars in ag geneem word.
Die area onder pomelo’s het in die 2019’20bemarkingsjaar met 3% vergroot tot 8 000 ha.
Die produksie van pomelo’s sal na verwagting met 4% tot 387 000 ton styg in die 2019’20bemarkingsjaar. Hoewel volumes na Amerika steeds laag is, wys die departement daarop dat invoer daarheen met 65% (van pomelo’s) oor die afgelope vyf jaar gestyg het.
Na verwagting sal hierdie neiging voortduur.