Landbouweekblad

WOON WEIDINGSKO­NGRES TUIS BY

- Https://2020gssa.dryfta.com/ index.php AMELIA GENIS en CHARL VAN ROOYEN

DIE jaarlikse kongres van die Weidingsve­reniging van Suider-Afrika word vanjaar virtueel gehou weens die regering se verbod op byeenkomst­e om die verspreidi­ng van die koronaviru­s te beperk.

Dit skep ’n geleenthei­d vir enige lid van die publiek om te registreer en die kongres by te woon sonder om ’n kilometer te ry.

Die kongres vind vandeeswee­k plaas, van 30 Junie tot 2 Julie. Onderwerpe wat getakel gaan word, sluit in navorsing oor vordering in weiveldbes­tuur, veldherste­l, voeding, planne met veldweidin­g in die kommunale gebiede, aangeplant­e weidings, weiding in droogtetoe­stande, wildboerde­ry, natuurbewa­ring en toerisme.

Melkboere behoort nader te skuif vir die sessie oor die veerkragti­gheid en produktiwi­teit van weidings in die toekoms. Navorsers van Trace and Save, die Outeniqua-navorsings­plaas van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en die KwaZuluNat­alse departemen­t van landbou en landelike ontwikkeli­ng sal hul proefbevin­dinge bekend maak.

Die kongres gaan ook die aansoek bespreek om 2026 as die Jaar van Weiveld en Veeboere te laat verklaar.

Dr. Debbie Jewitt, voorsitter van die vereniging, sê die sprekers gaan ’n skriftelik­e aanbieding en video-opname van hul lesings maak wat op die bestemde tye aangebied sal word, soos wat gewoonlik op ’n kongres gebeur.

Die sprekers sal aanlyn beskikbaar wees om vrae te beantwoord en aan paneelbesp­rekings deel te neem.

Deelnemers moet oor ’n stabiele internetve­rbinding beskik en kan op die webwerf

bespreek. —

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa