Landbouweekblad

Vlak 3 stuit pynappel-pryslopie

- JASPER RAATS

DIE skielike daling in die prys van pynappels, wat in die eerste week van Mei die hoogte ingeskiet het, het waarskynli­k te make met die toelating van drankverko­pe sedert 1 Junie, berig Fresh Plaza. Talle verbruiker­s het pynappels aangekoop om tuisgemaak­te bier te maak tydens die drankverbo­d.

Pynappels het vroeg in Mei teen R18,54/kg op munisipale markte verhandel, maar die prys het sedertdien teruggesak tot R9,20/kg.

Die prys van piesangs het teruggesak tot R7,21/kg vroeg in Junie.

Volgens Fresh Plaza het lemoene, waarvan daar tans ’n baie groot aanbod op die mark is, teen gemiddeld R3,35/kg verhandel, wat as ’n mededingen­de prys beskou word.

Die prys van appels en pere was bestendig teen R6/kg tot R7/kg.

Avokado’s bly ’n gunsteling by Suid-Afrikaanse verbruiker­s en het in die tweede week van Junie selfs beter pryse behaal as in die vorige week. Dié supervrug het teen druktyd gemiddeld R10,76/kg op varsproduk­temarkte behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa