Landbouweekblad

Kaapstadse kelder versprei kospakkies vir hongeres

- — LUCILLE BOTHA

DIE wynkelder Durbanvill­e Hills het sy proelokaal omskep in ’n verspreidi­ngspunt vir kospakkies vir mense wat swaarkry vanweë die Covid-19-inperking en ekonomiese afswaai. Daarvoor werk hy saam met SA Harvest en Mould

Empower Service (MES). Honderde kospakkies word weekliks by die kelder afgelewer en herverpak om aan behoeftige mense in Durbanvill­e, Dunoon, Mamre, Bothasig en Tableview oorhandig te word.

Die kelder se personeel sorteer die kos en wys kosmandjie­s toe aan plaaslike organisasi­es, soos The Night Haven Shelter, Savings Sparrows, Won Life en Helping Others. Sodoende word gemeenskap­pe binne ’n 10 km-radius van die kelder maklik bereik en logistieke probleme verminder.

“Die inperking het ’n groot impak op basies elke bedryf in die land. Organisasi­es sonder winsbe

jag sukkel om kos te verskaf aan die duisende mense sonder kos of inkomste,” sê mnr. Dirk Steyn, hoofbestuu­rder van Durbanvill­e Hills se restaurant.

NET DIE BEGIN

Volgens hom is dié inisiatief maar net die begin. Hulle wil graag ander organisasi­es ook betrek om te help sodat hulle gemeenskap­pe in nood beter kan bystaan. “Daar

is nie net ’n behoefte aan kos nie, maar ook aan komberse en klere.”

SA Harvest voed daagliks sowat 6 000 mense met meer as 100 000 maaltye wat weekliks deur verskillen­de organisasi­es voorberei word. Die organisasi­e beywer hom ook daarvoor om kosvermors­ing te keer en herlei surpluskos vanaf onder meer boere en restaurant­e na waar dit nodig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa