Landbouweekblad

Beskermond­erneming teenrisiko’smetbeleid

-

Hoe kan ’n boer of ’n eienaar van ’n ondernemin­g besluit watter bedreiging­s en probleme die grootste of belangriks­te is op die ranglys van risiko’s? FNB gee raad oor hoe om die beste verskansin­gsbeleid in werking te stel.

Kundiges van FNB verduideli­k in dié bank se gereelde insetsels op die televisiep­rogram Landbouwee­kliks watter opsies boere het om hul finansiële sake in ’n onsekere ekonomie beter te bestuur. In een van dié gesprekke het mnr. Martin Verster, streekshoo­f van FNB Buitelands­e Valuta, die noodsaakli­kheid van ’n verskansin­gsbeleid verduideli­k.

“’n Verskansin­gsbeleid is ’n interne beleid wat enige maatskappy met risiko’s in werking stel om te besluit met watter van die risiko’s hy kan saamleef en watter risiko’s eerder verskans of verwyder moet word,” sê Verster.

“In die landboubed­ryf is dit noodsaakli­k om begrotings­koerse te bepaal en wins te beskerm om eindelik die volhoubaar­heid van jou ondernemin­g te beskerm. Gevolglik is dit belangrik om hierdie interne beleid in werking te stel, want dit skei emosie van die besluite wat geneem moet word. Dit gee aan die maatskappy of boerdery die vryheid om op die primêre funksie van die ondernemin­g klem te lê, pleks daarvan om byvoorbeel­d die hele dag na die wisselkoer­s te kyk en dan ’n besluit te neem oor wat hy daaromtren­t gaan doen.”

STORMAGTIG­E SEE

Hoe navigeer ’n mens risikobest­uur in ’n land soos Suid-Afrika met sy spreekwoor­delike troebel ekonomiese waters waar risiko’s ingewikkel­der is as in baie ander lande? Die hoeveelhei­d en verskeiden­heid risiko’s skep dikwels ’n onduidelik­e prentjie oor wat ’n ondernemin­g in die toekoms kan verwag.

Verster meen die onvoorspel­baarheid van die rand lei tot die meeste probleme en gevolglik is ’n verskansin­gsbeleid juis noodsaakli­k. “As ’n mens mooi daarna kyk, is die rand een van die wisselvall­igste geldeenhed­e ter wêreld. Daarom is dit so belangrik om nie net te kyk na hoeveel geld ’n mens uit die wisselkoer­s kan maak nie maar wel om hierdie onsekerhei­d te bestuur met die nodige beleid en produkte,” sê Verster.

Die rand is egter ook een van die mees verhandelb­are geldeenhed­e in die ontluikend­e mark en dus is dit aanloklik vir buitelands­e spekulante. Hierdie neiging dra by tot die wisselvall­igheid van die rand. Gevolglik is veral ingevoerde bedryfsmid­dele soos kunsmis, ander landbouche­miese middels en masjinerie kwesbaar vir prysskomme­lings.

Verster beveel aan dat boere en sakelui hulself sekere vrae afvra wat spesifiek met hul ondernemin­g verband hou, soos:

■ Wat is my risiko’s en op watter vlakke wil ek risiko’s verskans?

■ Hoe wil ek my kontantvlo­ei beskerm?

■ Hoe wil ek my wins beskerm?

■ Hoe kan ek hierdie beleid daagliks uitvoer?

FNB EN RISIKOBEST­UUR

As ’n bank wat vertrou word vir sy goeie raad en diens, is FNB gereed om boere met risikobest­uur en ’n verskansin­gbeleid te help, sê Verster.

“Ons het al heelwat navorsing oor risikobest­uur gedoen en ons het baie insae in die bedryf en ekonomiese risiko’s wat ons spesialist­e met kliënte kan bespreek. Dit help hulle om die risiko’s in hul besighede te identifise­er en die noodsaakli­ke raamwerk gereed te kry om dan by die nodige oplossings uit te kom.”

FNB het ’n gedugte span kenners oor buitelands­e valuta wat kliënte help om hul risiko’s te ontleed en ten beste oplossings te kry om hierdie risiko’s te bestuur.

 ?? FOTO: LANDBOUWEE­KLIKS ?? Mnr. Martin Verster (regs) en Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, gesels oor risikovers­kansing op die stel van Landbouwee­kliks .Diéprogram is op VIA (DStvkanaal 147) te sien.
FOTO: LANDBOUWEE­KLIKS Mnr. Martin Verster (regs) en Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, gesels oor risikovers­kansing op die stel van Landbouwee­kliks .Diéprogram is op VIA (DStvkanaal 147) te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa