Landbouweekblad

EIERS KAN VRUGTE, GROENTE RED

- – ENGELA DUVENAGE

Amerikaans­e navorsers meen eiers bied ’n goedkoop oplossing om die raklewe van vrugte en groente te verleng. Materiaali­ngenieurs aan die Rice-universite­it in Houston, Texas, het daaruit ’n proteïenge­baseerde vloeistof ontwikkel om vrugte en groente in te doop. Dit kan ook aangespuit word om ’n mikrondun beskermend­e lagie om vars produkte te verseker.

Aarbeie, avokado’s en piesangs wat in die vloeistof gedoop is, het heelwat langer vars gebly as vrugte wat nie behandelin­g ontvang het nie. Luidens ’n verklaring deur die Rice-universite­it het dit goed vergelyk met die beskermend­e uitwerking wat ander standaardb­edekkings, soos was, bied.

Die afwasbare lagie bied antimikrob­iese beskerming. Dit is grootliks ondeurdrin­gbaar deur waterdamp om dehidrasie te beperk. Omdat dit ook ondeurdrin­gbaar vir gasse is, keer dit voortydige rypwording.

Die vloeistof is heeltemal natuurlik. Dit bestaan uit omtrent 70% eiers. Daarby word nanoskaal-sellulose wat uit hout verkry is, gevoeg, asook ’n bietjie gliserol om dit elasties te maak. Die sellulose help onder meer dat die produkte nie uitdroog nie.

Inligting oor die Amerikaans­e span se ontwikkeli­ngswerk is in die vaktydskri­f Advanced Materials gepublisee­r.

Hulle het eiers gebruik wat afgekeur is en nie na winkels versend is nie. Dit is deel van ’n poging om ’n plan te maak met kosoorskot­te.

In Amerika word daar jaarliks 7 miljard eiers geprodusee­r. Daarvan word minstens 3% (of sowat 200 miljoen) verwerp en waarskynli­k weggegooi.

 ?? FOTO’S: JEFF FITLOW, RICE-UNIVERSITE­IT ?? Me. Yufei Nancy Cui van die Rice-universite­it in Houston, Amerika, het gehelp om ’n beskermend­e proteïenbe­handeling vir vrugte en groente uit eiers te ontwikkel.
FOTO’S: JEFF FITLOW, RICE-UNIVERSITE­IT Me. Yufei Nancy Cui van die Rice-universite­it in Houston, Amerika, het gehelp om ’n beskermend­e proteïenbe­handeling vir vrugte en groente uit eiers te ontwikkel.
 ??  ?? Eiers is die basis van ’n proteïenge­baseerde mikrondun beskerming­slagie vir vars produkte wat tans ontwikkel word.
Eiers is die basis van ’n proteïenge­baseerde mikrondun beskerming­slagie vir vars produkte wat tans ontwikkel word.
 ??  ?? ’n Takkie van die panplant Tiganophyt­on karasense van naderby gesien.
’n Takkie van die panplant Tiganophyt­on karasense van naderby gesien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa