Landbouweekblad

KOOL SE KLEINNIGGI­E IN NAMIBIË ONTDEK

-

’n Verlangse familielid van kool, broccoli en Brusselse spruite groei in sekere panne in die warm en dorre suide van Namibië. Plantkundi­ges het eers ’n dekade gelede die eerste keer daarvan bewus geraak en was lank nie seker hoe om dié plante te klassifise­er nie.

Tiganophyt­on karasense is nou ná uitgebreid­e navorsing as ’n nuwe spesie, geslag en blomplantf­amilie in die wetenskapl­ike vaktydskri­f Phytotaxa beskryf. Dié meerjarige bossie is die enigste lid van die familie Tiganophyt­aceae.

Hierdie ontdekking trek aandag omdat dit hoogs uitsonderl­ik is dat ’n nuwe soort plant vandag nog ontdek word wat nie maklik in ’n bestaande familie geklassifi­seer kan word nie.

Mnr. Wessel Swanepoel, ’n afgetrede siviele ingenieur en onafhankli­ke natuurkenn­er van Windhoek wat bande met die Universite­it van Pretoria (UP) het, het dit in Januarie 2010 die eerste keer in die Karasstree­k raakgesien. Die spesie groei net om en in seisoenale panne.

“Sedert ek die plant die eerste keer gesien het, noem ek dit die ‘panplant’,” sê Swanepoel, wat deesdae spesialisn­atuurtoere aanbied. “Tiganophyt­on is Grieks vir panplant.”

Hy sê die panplant is verwant aan kool en broccoli in die sin dat hulle almal aan die groter plantorde Brassicale­s behoort.

Dié onverwagte verwantska­p is vasgestel ná uitgebreid­e ondersoeke van die plant se DNS deur navorsers van die UP en die koninklike botaniese tuin Kew in Brittanje.

– ENGELA DUVENAGE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa