Landbouweekblad

MNR. BERNIE VAN DEN HEEVER

- NAVRAE: Mnr. Bernie van den Heever: e-pos: bernie@capemango.co.za; 082 807 5882.

sen ’n telling 9 en 12 per 4 kg uit, met ’n telling-verspreidi­ng van 9 tot 16.

“Die vrug is heeltemal veselloos, maar steeds ferm en het daarom goeie droogeiens­kappe en ’n goeie rakleeftyd.”

Van den Heever het toevallig op die kultivar afgekom toe die balju van Clanwillia­m, mnr. Piekie Slabber, een jaar begin Junie by hom ingeloer en ’n mango op sy tafel neergesit het wat herinner het aan ’n Heidi-mango, maar mooier gekleur was. Die mango het uit ’n tuin naby Lutzville gekom. Van den Heever het vir die eienaar van die huis gaan kuier, die potensiaal verduideli­k en hulle het ’n ooreenkoms aangegaan waarin hy die kultivar kon ontwikkel.

In daardie stadium was Van den Heever seker van net twee belowende eienskappe – dit het in die streek geaard en dit was op die regte tyd van die jaar ryp. Van den Heever het in 2012 die nuwe kultivar ontdek en onmiddelli­k ’n paar bome oorgewerk.

Teen 2014 het hy besef dit is ’n belowende kultivar en teen 2015 is die plantteler­sregte geregistre­er. Hy het ’n driekwart hektaar se Sensation-bome in 2016 oorgewerk na Tropika en in 2018 ’n verdere driekwart hektaar. In 2018 het hy ook 8 ha se jong bome aangeplant, wat die totale hektaar Tropika op 9,5ha te staan bring.

“Tropika het die set-eienskappe van ’n Sensation, maar die interne gehalte van ’n Heidi. Heidi neig egter om ná ’n paar jaar produksie te verloor, die vrugte is baie gevoelig vir sonbrand en set is gevoelig vir temperatuu­rskommelin­ge. Dit is dus ’n baie moeilike kultivar om mee te boer. Sensation het uitstekend­e set, maar die interne gehalte is ’n kwessie. Daar is dus min boere wat met hierdie kultivar sukses bereik.

“Tropika is die baster tussen hierdie twee wat die goeie van albei ouers geërf het en niks anders nie. Die enigste probleem is dat die vrugte soos ’n tsoenami op die plaas ryp word, maar dit is maar hoe mango’s werk.”

Daar is ’n gulde uitvoergel­eentheid vir hierdie vrugte na Europa en die Ooste, maar omdat mango’s vinnig ryp word en dus vinnig oorryp kan wees, is die risiko om uit te voer baie hoog.

“Citrogold, die bemarkers wat die ClemenGold-handelsmer­k bestuur, behartig tans die onderhande­linge met Woolworths om Tropika as ’n eksklusiew­e Woolworths-produk aan te bied. Dit sal aanvanklik as ’n ‘New Discovery’ op Woolworths se rakke beskikbaar wees, maar hopelik van 2021 af sal dit as deel van die ‘FlavourBur­st’-reeks aangebied word.”

Dit is egter nie net vir sy eie boerdery wat Van den Heever hierdie kultivar geregistre­er het nie. Die kultivar is beskikbaar vir enige produsent om aan te plant.

“Ek dink die kultivar sal ook goed vaar in die omgewing van Hoedspruit en Malelane, asook waar dit effens koeler is, maar daar nie ’n ryprisiko is nie. Ons het ook reeds proefblokk­e in Spanje en Amerika (Florida) aangeplant om te sien of die kultivar daar kan aard.”

‘Tropika het die seteienska­ppe van Sensation maar die interne gehalte van Heidi.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa