Landbouweekblad

1

-

’n Boer van KwaZulu-Natal het die opbrengs op die swakste grond op haar suikerriet­plaas verdubbel deur erdwurmkom­pos te gebruik. Sy maak dit self en maak ook erdwurmtee wat as grondbemes­ting en blaarvoedi­ng gebruik word. Dit is goedkoop en maklik om te maak.

die kalsiuminh­oud met behulp van kalk reg te stel nie, ondanks die verskeiden­heid en getal mikrobes wat ons in die grond sou kon voeg. Grondgeson­dheid gaan dus oor meer as net kompos en kompostee.

“Ons pas ’n eenvoudige praktyk toe wat ander boere sonder te veel moeite en koste op groot skaal op hul eie plase kan probeer.”

KOMPOS

Clegg sê die maak van die kompos is vir hulle ’n manier om eerder kos vir erdwurms in erdwurmkom­poshope te maak as wat dit ’n proses van komposteri­ng is.

“Ons het nie die vermoë op die plaas om hierdie proses volgens streng wetenskapl­ike beginsels en as ’n volwaardig­e produksie-afdeling te bestuur nie. Ons het onsself dus só ingerig dat ons die proses op ’n ekstensiew­e manier kan bestuur en met robuuste aktiwiteit­e steeds maksimum voordeel daaruit kan trek. My aanbevelin­gs is dus nie ’n resep nie, maar riglyne wat jou in staat gaan stel om jou eie, pasgemaakt­e proses op die plaas te ontwikkel.”

Komposteri­ng is ’n noodsaakli­ke proses om te verseker dat erdwurms nie doodbrand terwyl hulle die waardevoll­e voedingsto­wwe in die materiaal tot plant-opneembare samestelli­ngs verwerk nie. Let op die volgende:

■ Gebruik materiaal wat reeds op die plaas beskikbaar is.

■ Begin met ’n 4:1-verhouding van koolstof teenoor stikstof.

■ Die kompos sal ná sowat ses tot agt weke gereed wees om vir die wurms te voer.

■ Draai en besproei die komposhoop een keer per week.

“Ons gebruik hoofsaakli­k materiaal wat reeds op die plaas beskikbaar is. Ons is gelukkig om suikerriet­reste, boombas en saagsels van die kommersiël­e bloekom- en denneboomp­lantasies te hê. Dit maak finansieel nie sin om materiaal in groot maat na die plaas toe te vervoer nie, tensy dit oor ’n kort afstand en die materiaal gratis is.

“Die groot hope ( FOTO 1 ) wat soos kalk lyk, is saagsels wat ons by ’n nabygeleë saagmeule gekry het. Enige materiaal kan gebruik word om kompos te maak. Bloed is fantasties­e voedsel vir mikrobes. Slaghuis- en kombuisafv­al kan dus goed werk in ’n komposhoop voordat dit vir die wurms gevoer word. Groente met sterk reuke, soos uie en knoffel, moet egter eers gekomposte­er word voordat dit vir die wurms gevoer word.

“Ons mikpunt vir onverwerkt­e materiaal is om met ’n koolstof-tot-stikstof-verhouding van vier tot een te begin. Maak seker jy het vier keer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa