Landbouweekblad

HOENDERMIS AS VOER VIR HERKOUERS IN DROOGTETYE

- NAVRAE: E-pos: deWaalHO@ufs.ac.za

Is dit nadelig is om hoendermis met ander veevoer te meng as voer vir herkouers in die droogte? Ons kan hoendermis by ’n ander boer kry, maar ons weet nie of dit ’n risiko kan wees vir siektes of bemarkings­vereistes nie. Ons skuldlas is hoog en ons wil nie die boerdery benadeel nie.

Hoendermis word reeds lank vir beeste, skape en bokke gevoer, ondanks die bepalings van Wet 36 van 1947. Duisende ton hoendermis word na bewering jaarliks aan herkouers gevoer. Daar rus dus ’n verpligtin­g op voedingkun­diges om te voorkom dat die onkundige gebruik van hoendermis tot groot verliese lei. Hierdie uiteensett­ing is bedoel as ’n waarskuwin­g en voorsorgma­atreël.

Wat is hoendermis? Dit is ekskreta (onverteerd­e vaste stowwe) van hoenders. Omdat die mis en urine in voëls gesamentli­k deur die kloaka uitgeskei word, bevat hoendermis ook die eindproduk van stikstofme­tabolisme, naamlik urinesuur. Anders as by beeste, skape, bokke en varke is die uitskeidin­g van stikstof deur die niere by hoenders hoofsaakli­k in die vorm van urinesuur pleks van ureum.

Twee soorte hoendermis word kommersiee­l as afvalprodu­k gelewer, naamlik lêhenmis (layers )en kuikenhoka­fval (broilers). Vanweë die spesifieke produksies­telsel en ander faktore wissel die samestelli­ng van dié soorte hoendermis aansienlik.

Lêhenmis is die ekskreta (mis en urine) van lêhenne wat onder hul hokke op die grond beland saam met wisselende hoeveelhed­e voer wat gemors word. Die ekskreta van lêhenne bevat hoë vlakke kalsium wat in ag geneem moet word. Na gelang van die tyd wat die lêhenmis op die grond lê voordat dit verwyder word, word heelwat urinesuur reeds mikrobies afgebreek (vervlugtig) en gaan die stikstof as ammoniak verlore.

Kuikenhoka­fval is die ekskreta (mis en urine) van braaihoend­ers wat in die voertyd van sowat agt weke in die hokke op plantaardi­ge afvalmater­iaal (hooi, doppe of skaafsels) versamel. Die vog in die ekskreta word deur die afvalmater­iaal op die vloer geabsorbee­r, maar dit verdun ook die ekskreta. Die kuikenhoka­fval se stikstofin­houd is dus heelwat laer as dié van lêhenmis.

In albei soorte hoendermis word stikstof mikrobies na ammoniak afgebreek, wat die slymvliese van hoenders se lugweë irriteer. Daarom moet hoenderhok­ke altyd goed belug word sonder om trekke te veroorsaak.

Die urinesuur in hoendermis is ’n goeie bron van nie-proteïenst­ikstof vir herkouers. Die mikrobiese afbreek van ureum en urinesuur lewer ammoniak wat deur rumenmikro­bes vir de novo sintese van aminosure gebruik word. Die tempo waarteen rumenmikro­bes urinesuur in die retikuloru­men na ammoniak afbreek, is egter baie stadiger as met ureum. Daarom is die gevaar van ammoniakve­rgiftiging met hoendermis taamlik laag vir herkouers, selfs wanneer groot hoeveelhed­e gevreet word.

Heelwat vrektes kan wel onder herkouers veroorsaak word deur die gebruik van hoendermis as ’n voerbron. Dit kan gebeur wanneer hoendermis aan herkouers gevoer word sonder dat hulle spesifiek teen lamsiekte ingeënt is. Hoë vlakke van koper, spesifiek in kuikenhoka­fval, hou ook ’n groot gevaar vir skape in. Mettertyd bou die koper passief op in skape se lewer en tydens ’n toestand van erge spanning kan die koper skielik vrygestel word en akute kopervergi­ftiging veroorsaak. Hoendermis word dus op eie risiko en verantwoor­delikheid aan herkouers gevoer.

Prof. HO de Waal is ’n veevoerken­ner van die Universite­it van die Vrystaat.

 ??  ??
 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Veeboere moet hulle vergewis van die moontlike gevare van hoendermis as ’n voerbron vir herkouers.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Veeboere moet hulle vergewis van die moontlike gevare van hoendermis as ’n voerbron vir herkouers.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa