Landbouweekblad

MESSESAK VIR DIE JAGTROMMEL

- NAVRAE: Web: www.yuppiechef.com

Tydens die inperking is dit tyd om plaaslik te koop. Wanneer jy jou sente dus genoeg omgedraai het dat daar nie meer ’n veer op daardie mossies oor is nie, moet jy seker maak jy bestee dit waar dit saak maak en kos op die tafel van ’n mede-landsburge­r kan sit. Met die rondsoek na plaaslike produkte besef jy Suid-Afrikaners lewer nie afskeepwer­k nie.

Arrow Leather Goods se oprolmesse­sak is so ’n produk. Hierdie plaaslike maatskappy se netjiese leerwerk getuig van respek vir die materiaal en ’n begrip vir die waarde van ’n goeie mes. Wees gewaarsku dat jou jagmaats dalk met ’n tikkie jaloesie na jou slaggereed­skap sal kyk.

Die sak het plek vir vier kleinerige messe en vier grotes. Elke mes wat jy nodig kry, bied dus ’n geleenthei­d om die handgemaak­te leersak oop te rol en te waardeer – hetsy jy die eerste aand se uie en tamaties opsny vir sous of die eerste bok se lewer in blokkies sny vir ontbyt. Die goeie nuus is dat jy jou eie gunsteling­messe in die sak kan bêre, want ’n mens leer jou messe soos jou gewere ken.

Oopgerol is die messesak 46 cm x 40 cm groot. Lemme van sowat 14 cm lank kan daarin pas. Die groot messe se skede is 6 cm wyd en die kleiner messe s’n 4 cm.

PRYS: R699 met gratis aflewering.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa