Landbouweekblad

BLY IN VERBINDING MET SA SLIMFOON

- Landbou.com NAVRAE: Web: www.maraphones.com

Die grendeltyd het ’n mens geleer om jou slimfoon te waardeer. Hetsy dit was om op op die hoogte te bly van gebeure in die landboubed­ryf of met video-oproepe en WhatsApp-boodskappe met familie en vriende in verbinding te bly, die slimfoon het gewys hy gaan ’n kernrol speel in die wêreld van supervirus­se.

Jy het ook geleer om spaarsaam te wees en jouself nie met te veel paaiemente te belas nie. Slimfone sonder kontrakte is egter duur, veral dié uit Korea en Amerika.

Hier aan die suidpunt van Afrika is plaaslik vervaardig­de fone van die maatskappy Mara Phones nou beskikbaar. Die Mara Z kan kers vashou by die meeste vervaardig­ers se middelvlak­fone. Boonop gaan dit jou ’n appel en ’n ei kos.

Die Mara Z bied ’n hoëdefinis­ieskerm van 5,7 duim, het plek vir twee simkaarte, ’n verwerking­spoed van 1,4 GHz, geheue van 32 GB, ’n 13 megapixel-kamera voor en agter en Android se 9.0 Pie-bedryfstel­sel.

Dit is ’n netjiese slimfoon wat nie afsteek by enige ander produk op die rak nie. Hoewel die prys dit effens lig in die broek laat lyk, sal die Mara Z se gewig van 386 g, helder gorillagla­sskerm en funksional­iteit van wêreldgeha­lte jou laat besef jy is nou in die senior foonliga.

Die foon se afmetings is 154,2 mm x 72,7 mm x 7,96 mm. Dit is beskikbaar in swart, goud of silwer.

’n Goedkoper model, die Mara X, is ook beskikbaar.

PRYS: R3 999 (aflewering ingesluit).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa