Landbouweekblad

Kweper-enpekanneu­tbroodjie

-

Resepte en stilering:

Foto’s:

Ek het altyd ’n fles of twee ingelegde kwepers in my spens. Toe daar onlangs nog net ’n paar stukkies in die fles oor was, het ek hierdie resep bedink. Jy sal die broodjie ook met ingelegde groenvye kan maak, of enige ander konserf of ingelegde vrugte wat min of meer dieselfde tekstuur as kwepers het, soos ingelegde pere of tertappels. Maak net seker jy dreineer die vrugte goed. As daar te veel stroop op die vrugte is, sal die broodjie nie behoorlik deurbak nie.

125 g sagte botter

125 ml suiker

2 ekstragroo­t eiers

5 ml vanieljege­ursel

5 ml fyn kaneel

80 ml melk

310 ml koekmeel

7 ml bakpoeier

125 ml pekanneute, gerooster

■ en gekap

180 ml ingelegde kwepers,

■ fyngesnipp­er Versiersui­ker, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n kleinerige broodpan met olie of spuit met kleefweren­de kossproei. Voer met ’n reep bakpapier uit en smeer of spuit weer.

Verroom die botter en suiker goed saam tot lig en romerig. Voeg die eiers, vanieljege­ursel en kaneel by en klits goed. Voeg die melk by en klits deur. Sif die meel en bakpoeier oor die geroomde bottermeng­sel en voeg die neute en kweperstuk­kies by. Meng goed en skep die beslag in die voorbereid­e pan. Bak vir ongeveer 40 minute of tot die broodjie goudbruin en deurgaar is. Laat die broodjie vir ’n paar minute in die pan afkoel en keer op ’n draadrak uit. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en bêre in ’n lugdigte houer. Sif versiersui­ker oor net voor jy dit voorsit. Lewer1 kleinerige broodjie (sowat 8 snye).

 ??  ??
 ??  ?? Bakgat Boeke uit Boesmanlan­d Jagters en hul dinge Allis-Chalmers op die kruin
Bakgat Boeke uit Boesmanlan­d Jagters en hul dinge Allis-Chalmers op die kruin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa