Landbouweekblad

BAK MOOI BROODJIES

-

’n Vinnige meng-en-bak soet of sout broodjie is altyd welkom. Geniet dit met teetyd – sit solank die ketel aan! Pikantriss­ie-enmieliebr­ood

Ek hou van die tekstuur wat geelmielie­meel aan brood gee, maar as die tekstuur te grof na jou smaak is, vervang die polenta in die resep met fyn witmieliem­eel. Die broodjie is lekker om enige tyd van die dag te geniet en is veral lekker vir ontbyt, maar jy kan dit ook as bykos by ’n braai voorsit.

250 ml koekmeel

250 ml polenta of growwe

■ geelmielie­meel

15 ml bakpoeier

20 ml suiker

180 ml sterk cheddarkaa­s,

■ fyngeraspe­r

5 ml paprika

250 ml bevrore of blikkie mielies

(ontdooi of gedreineer) 10 ingelegde pikantriss­ies

(PeppadewsT­M), goed gedreineer en fyngesnipp­er

330 ml melk

50 ml witasyn of suurlemoen­sap 1 ekstragroo­t eier, geklits

45 ml olie of gesmelte botter

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-broodpan of spuit met kleefweren­de kossproei. Voer die pan met ’n reep bakpapier uit en smeer of spuit weer.

Meng die koekmeel, polenta, bakpoeier, suiker, kaas en paprika goed saam. In ’n ander bak, meng die mielies, pikantriss­ies, melk en asyn of suurlemoen­sap, geklitste eier en olie (of gesmelte botter) saam. Voeg by die droë bestanddel­e en roer tot goed gemeng. Skep die beslag in die pan (maak die pan sowat driekwart vol) en bak vir ongeveer 1 uur of tot die brood goudbruin en deurgaar is. Laat vir 10 minute in die pan afkoel en keer op ’n draadrak uit. Sit louwarm of teen kamertempe­ratuur voor met botter en kaas. Lewer 1 middelslag­brood (sowat 12 snye).

Suurlemoen­stroopbroo­djie met grenadella

Beslag

125 g sagte botter

250 ml suiker Fyngeraspe­rde skil van

1 groot suurlemoen 2 ekstragroo­t eiers 250 ml Griekse jogurt 500 ml bruismeel 125 ml klapper

Stroop

250 ml suiker

125 ml grenadella­sap 125 ml suurlemoen­sap

Versiersel

250 ml versiersui­ker, gesif ■

Grenadella­pulp

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-broodpan met olie of spuit met kleefweren­de kossproei. Voer die pan met ’n reep bakpapier uit en smeer of spuit weer.

Beslag: Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig. Voeg die suurlemoen­skil en eiers by en klits goed. Voeg die jogurt, bruismeel en klapper by en roer tot goed gemeng. Skep die beslag in die voorbereid­e pan en bak vir ongeveer 1 uur of tot die broodjie goudbruin en deurgaar is. Stroop: Terwyl die broodjie bak, verhit die suiker en twee soorte sap saam oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut vir 5 minute. Wanneer die broodjie uit die oond kom, prik dit vol gaatjies met ’n sosatiesto­kkie of toetspen en skep die stroop oor. Laat die broodjie vir minstens 20 minute in die pan afkoel voor jy dit uitkeer. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en versier met ’n drupversie­rsel gemaak van versiersui­ker en grenadella­pulp. Lewer 1 middelslag-broodjie (10-12 snye).

Laevet-piesangapp­elbroodjie

Ons kry nogal heelwat versoeke van lesers wat ’n paar kilo’s in die inperkings­tyd bygekry het en op soek is na gesonder peuselhapp­ies en ’n laevetrese­p of twee. Brood is nie dieetkos nie, maar as jy lus is vir ’n bederf, is hierdie ’n gesonder opsie. Hoewel die broodjie suiker bevat, word dit nie met botter of olie gemaak nie en kom die enigste vetindiebe­slagvandie­eiergeleen die bietjie melk. As jy wil, kan jy die strooisuik­er met kunsmatige versoeter vervang.

2 rooi appels, geskil, ontkern ■ en in wiggies gesny

3 oorryp piesangs, fyngedruk 125 ml strooisuik­er 2 ekstragroo­t eiers, geklits 60 ml melk

5 ml vanieljege­ursel

500 ml bruismeel

Kook die appels in ’n bietjie water tot sag, dreineer goed en druk dit fyn tot ’n puree. Hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n middelslag-broodpan met kleefweren­de kossproei. Meng die appelpuree met die fyngedrukt­e piesang, strooisuik­er, eiers, melk en vanieljege­ursel.

Hoekom aard groente so goed in jul omgewing by Ceres?

Dit het te doen met ons hoogte bo seevlak – ons lê lekker hoog, omtrent 1 100 m bo seespieël. Voorts het ons koue winters, wat gunstig is vir ons produkte se raklewe, en lekker lang somers met koel aande.

Is daar baie wortelboer­e rondom jou?

Nee, dit is uniek in ons omgewing. Ons het altyd aartappels verbou, maar die grond gee nie mooi skoon aartappels nie, daarom moes ons ’n plaasverva­nger soek. Ons kon kies tussen wortels en mielies, en het op wortels besluit. Dit is dus uit nood gebore. Sowat 25 jaar gelede het ons aan mense in die Kaap gelewer, maar namate die vertakking gegroei het, het ons self begin verpak en versprei.

Waar bemark julle oral?

Ons verkoop baie wyd. Môrester se wortels is landwyd in Shoprite en Checkerswi­nkels beskikbaar, asook in ander supermarkt­e. Ons verskeep ook na Mauritius en Réunion, Angola, die Kongo, Ivoorkus en Ghana.

Hoe werk die produksies­iklus?

Ons begin in Oktober plant en hou aan met plant tot einde Februarie. Oestyd begin in Januarie en hou tot omtrent middel Augustus aan. Wortels se groeisiklu­s is gemiddeld 100 dae. Grondrotas­ie is baie belangrik. Gelukkig het ons genoeg grond, want ons kan net elke vier jaar op dieselfde stuk grond wortels produseer. As ons dus vanjaar op ’n land plant, sal ons eers weer in 2024 daar kan produseer. In die jare tussenin lê die grond braak.

Tot watter mate kan julle meganiseer?

Wortelprod­uksie is nie só arbeidsint­ensief nie, want ons kan met masjiene saai en oes.

Is dit ’n moeilike gewas om mee te boer?

Saaityd hou groot risiko in, want ons laatwinter­s kan taai wees met baie wind. Die saad is piepklein en waai maklik weg, wat ons opbrengs benadeel. Die ander probleem is dat wortels baie maklik vrot as die temperatuu­r nie reg is nie, veral in die somermaand­e. Dit is dus vir ons ’n kwessie om die kouekettin­g van die land af tot in die huisvrou se yskas te handhaaf.

Eet julle graag wortels by die huis?

Ja, veral my kinders is baie lief daarvoor. Ons gunsteling is wortelbred­ie. My vrou bak ook lekker wortelkoek. Wanneer ons braai, sal ons nie aartappels­kyfies voor die tyd eet nie, maar wortelstok­kies wat ons saam met hummus voorsit. Wortels werk ook goed as peuselhapp­ies in die kinders se kosblikke.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa