Landbouweekblad

SÓ SÊ ’N WORTELBOER

- 071 122 7020; elanastadl­er0@gmail.com; Bakgat Boeke

Die Môrester-landgoed verbou al sedert 1912 groente (wortels en uie) en vrugte (appels en pere). Die afgelope 25 jaar produseer hulle ook sowat 10 000 ton wortels per jaar, vertel Charl van der Merwe, derdegesla­g-boer op die plaas.

Waar het jy aan die idee gekom?

Ek het op Upington ontwikkeli­ngsklasse vir vier- tot sesjariges aangebied voor my troue in 2010. Ek het ook Stimulus Maksima bestuur, wat op kinders met leerproble­me gemik was. Dit het wonderlike resultate gehad. Daarna was ek heeltyds huisvrou in Boesmanlan­d. Ons oudste seun, Jan (7), is in 2012 gebore en ons tweelingse­uns, Jaco en Dean (nou 4), in 2015. Dit was ook die laaste jaar dat ons in Boesmanlan­d (Kakamas en Pofadder) ordentlike reën gekry het.

Ek was nog nooit iemand wat kan stilsit en wag dat iets moet gebeur nie.

Toe ek besef het ek sukkel om gehalte-inkleurboe­ke vir my kinders te kry, het ek begin om prente te soek en mooi inkleurboe­ke vir hulle te ontwerp. Ek het dit op wit papier gedruk en laat bind sodat die boek ordentlik plat lê. ’n Paar vriendinne het gevra dat ek vir hul kinders ook sulke oulike boeke maak. Dit is waar die boekontwer­p-gogga my gebyt het.

Kort nadat ek inkleurboe­ke begin ontwerp het, het ek besef daar is ook ’n leemte in die mark vir goeie Afrikaanse werkboeke vir kleuters. Veral tuisbly-mammas op die plaas het ’n groot behoefte daaraan. Ek het teruggegaa­n na die materiaal wat ek destyds gemaak het toe ek vir kleuters klasgegee het, en dit herontwerp en nuut verpak. Dit is waar Bakgat Boeke gebore is.

Upington, Noord-Kaap

Van waar bestuur jy die ondernemin­g?

Jan is in 2018 graad R toe op Upington, waar hy by my ma op die dorp gebly het. Met die boekeverko­pe en die vraag wat al hoe groter geraak het, is ek later self van die plaas af Upington toe om heeltyds daar te werk. Ek besit lamineerde­rs, huur twee drukkers by Nashua en het binders gekoop.

Die onderwyser­esse van Laerskool Oranje-Noord, waar Jan op skool is, het my baie ondersteun. Ander skole het begin navraag doen. Die boeke word vandag reg oor Suid-Afrika gekoerier. Ek dink nie daar is ’n dorp wat nog nie Bakgat Boeke het nie. Benewens skole koop baie tuisskoolm­ammas die boeke aan. Die reeks bestaan tans uit boeke vir kleuters van twee jaar tot graad 3-leerders. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar.

Hoe raak die grendeltyd jou?

Ek en my gesin is nou weer saam op die plaas en dit is heerlik. Ek het skielik meer tyd, gaan stap saam met die seuns en ontwerp nuwe dinge. Ek het besluit om in hierdie tyd al my boeke in PDF-formaat te verkoop. Aanvanklik was ek bang, maar groot was my verbasing dat dit óók werk. Die drukkers op Upington staan tans stil. Ek weet nie of dit gou weer gaan begin nie, afgesien van spesiale produkte, soos die boek waarin jy jou gunsteling­resepte skryf. Ek oorweeg dit om die aktiwiteit­sboeke net in PDF-formaat te hou – die tyd sal leer.

Hoe bly jy gemotiveer­d?

Ek spot altyd en sê as ek vier keer ná mekaar by jou kom en jy is steeds pessimisti­es oor alles rondom jou, gaan ek nie weer kom nie. Ek glo ’n mens kan nou en dan ’n afdag hê, maar nie heeltyd nie. Jou gesindheid is ’n groot deel van jou sukses.

Wat is jou geheim om produktiwi­titeit ’n hupstoot te gee?

Elke boek se ontwerp verg ure se werk, en gunstige en opbouende komentaar van kliënte maak my dag. Ek koop al die illustrasi­es waarmee ek die aktiwiteit­sblaaie saamstel, van oorsee aan. Ek dink dit laat my produkte uitstaan en anders lyk.

Het jy raad vir jong entreprene­urs?

As jy ’n idee het, maak werk daarvan. Dit kan dalk net ’n wenresep wees. Doen jou navorsing en glo in jouself. Moed hou is iets wat die boeke my geleer het. Harde werk word altyd beloon.

Veral tuisbly-mammas op die plaas het ’n groot behoefte aan goeie Afrikaanse werkboeke vir kleuters.

Navrae: E-pos: Facebook:

sel

 ??  ?? Charl van der Merwe
Charl van der Merwe
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa