Landbouweekblad

ALLIS-CHALMERS OP DIE KRUIN

- Albei deur Jodi Picoult. Uitgewer: Jonathan Ball. Pryse: Onderskeid­elik R190 en R220.

Harry Merrit is die man wat Allis-Chalmers regdeur die Groot Depressie 25 jaar lank op die regte pad gehou het.

Lank voordat die maatskappy Allis-Chalmers Manufactur­ing Company in 1901 met die samesmelti­ng van twee groot ondernemin­gs gestig is, was Edward P. Allis en Frazer & Chalmers gevestigde ingenieurs­ondernemin­gs in Amerika. Hul groot verskeiden­heid produkte het onder meer stoom- en saagmeulma­sjinerie en mynboutoer­usting ingesluit.

Die baie “ysters in die vuur” het egter sy tol geëis, want in 1913 het bankrotska­p die maatskappy – eintlik ’n konglomera­at van ondernemin­gs – in die gesig gestaar, en dit is in sakereddin­g geplaas.

’n Oud-weermagman, brig.genl. Otto Falk, het toe die taak gekry om Allis-Chalmers reg te ruk. En wat doen Falk? Hy voeg nóg ’n reeks produkte by die bestaande, uitgebreid­e lys, maar darem nadat hy van baie produkte ontslae geraak en die oorblywend­es se vervaardig­ingsen bemarkings­aktiwiteit­e meer vaartbelyn gemaak het.

Die meganiseri­ng van die landbou het in daardie jare op dreef gekom en Falk het besef dat hy met die regte produkte die wankelende Allis-Chalmers weer op die pad van voorspoed kon plaas. Hy het egter nie ’n kitsresep gehad nie, want die eerste trekkerree­ks se verkope was so-so, en die Tractor Truck was ’n skouspelag­tige mislukking. Sy planne om met landboumeg­anisasie geld vir die moedermaat­skappy te maak, het eers op dreef gekom met die aanstellin­g van Harry Merrit in 1926.

Merrit se eerste sukses was die Allis-Chalmers Model U (1929-1952). Dit was ook die eerste trekker wat Merrit in die kenmerkend­e poppy red laat verf het. Die U in die naamgewing het die United Machinery Company verteenwoo­rdig, want dié groep het baie ombouings en toevoeging­s vir Henry Ford se Fordson F vervaardig. Toe Ford sy trekkerver­vaardiging in 1928 in Amerika stopgesit en na Brittanje verskuif het, was United bang hy verloor sy mark in Amerika. Merrit het toe ingewillig om ’n “plaasverva­nger” vir die Fordson te maak, en só het die U op staalwiele in 1929 op die mark gekom.

TREKKER-RESIES

Op ’n dag het Merrit verneem dat ’n trekkerhan­delaar vragmotorb­ande op trekkers gesit en só verkoop het, en hy het planne begin beraam. Hy het met Harvey S. Firestone in verbinding getree, wat dadelik ingewillig en groot vliegtuigb­ande vir eksperimen­tering beskikbaar gestel het. Uit die navorsing en ontwikkeli­ng wat ingenieurs gedoen het, het dit geblyk dat trekkers op laedruk-lugbande meer krag op die trekstang lewer en boonop ligter op brandstof is. Vanselfspr­ekend kon die trekkers vinniger beweeg en was dit ’n gemakliker rit vir die trekkerbes­tuurder.

In 1932 was die Allis-Chalmers U die eerste trekker wat met rubberband­e beskikbaar was.

Merrit was nie beïndruk met die verkoopsyf­ers

Hy het ’n vierde rat vir drie trekkers ingebou en drie gerekende renjaers gekry om op renbane vertonings met dié ‘resiestrek­kers’ te lewer.

EN

Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3 x 3 kassie die nommers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen. Geen wiskunde is nodig nie.

Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaarge­tel te word nie. Jy los die raaisel met logika en beredeneri­ng op.

Lees meer by http://en.wikipedia.org/wik/Sudoku

 ??  ?? LINKS: Hierdie twee Allis-Chalmers-trekkers kom uit die versamelin­g van die Smit-gesin van Clanwillia­m. Voor is ’n WD en agter die Model U.
LINKS: Hierdie twee Allis-Chalmers-trekkers kom uit die versamelin­g van die Smit-gesin van Clanwillia­m. Voor is ’n WD en agter die Model U.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa