Landbouweekblad

BONSMARA BEHAAL R620 000

- — CARIEN KRUGER

Uitstekend­e pryse is op die Bonsmara-stoetery Poggenpoel Molopo se 15de produksiev­eiling by die Stella-veilingslo­kaal behaal.

Volgens die afslaerson­derneming weerspieël dié pryse die puik diere wat aangebied is.

Mnr. Kobus Poggenpoel en sy seuns se duurste bul, BBM17-203, is teen ’n allemintig­e R620 000 aan mnr. Schalk van der Merwe (Leeuwheuve­l-boerdery) van Christiana verkoop.

Altesame 68 bulle is teen gemiddeld R99 808 verkoop.

Kommersiël­e vroulike diere het ook goeie pryse behaal en die gemiddelde pryse was soos volg: Koeie met kalwers, R24 338; en koeie (3-in-1), R27 628.

Die veiling is deur Noordkaap Lewendehaw­e Vryburg saam met Swiftvee aangebied. Mnr. Johan van der Nest was die afslaer.

Die tam ekonomie beïnvloed die pryse van Boerbokke op stoet- en slagveevei­lings. Boonop het die Covid-19-pandemie die verbruiker­svraag na bokvleis verder laat verswak omdat mense inkomste verloor het en kulturele slagproses­se, soos op troues en begrafniss­e, nie kon plaasvind nie.

Veilings duur egter voort en daar is genoeg belangstel­ling, sê mnr. Craig le Roux, afslaer van Vleissentr­aal. In vlak 3 van die inperking het belangstel­ling gegroei en pryse verbeter.

Die weeklikse veilings van slagvee word steeds aangebied, met beperkte getalle mense.

Veilings van stoetdiere word deur ’n samestelli­ng van fisieke en aanlyn veilings aangebied.

Le Roux sê vanweë die dubbele terugslag van bek-en-klouseer en Covid-19 het Vleissentr­aal vanjaar nog net net een groot fisieke stoetveili­ng gehou. Dit was in Februarie op Marble Hall met die nodige goedkeurin­g van die staat.

Le Roux sê skaflike pryse is behaal, maar kopers en verkopers was wel onseker oor die rigting van die mark. Daar was minder kopers vanweë vrese om nuwe diere na plase te bring weens beken-klouseer.

Goeie aanteeldie­re, ramme én ooie, het tot R7 000 behaal, wat ’n bietjie minder is as in die verlede. Op vorige veilings was die gemiddelde pryse al tot R8 500 per dier. In Februarie was dit R5 000 tot R6 000.

“Daar was sowat 100 diere en hulle was in ’n goeie kondisie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa