Landbouweekblad

WYN DING MEE

-

Wynmakers kan tot 17 Julie wyn voorlê vir die Mosaic Top 5 Pinot noir-wyntoekenn­ings, wat vanjaar afskop, en die vyf wenners sal op internasio­nale Pinot noir-dag (18 Augustus) bekend gemaak word. Produsente mag meer as een Pinot noir inskryf, maar slegs een wyn per produsent – die een wat die meeste punte behaal – sal as ’n wenwyn verklaar word. Besoek bit.ly/31aY1Qu vir meer. Intussen gaan die Absa Top 10 Pinotage-kompetisie en die Novare SA Terroir-toekenning­s voort, hoewel dit nog onseker is wanneer die toekenning­sgeleenthe­de gaan plaasvind. Die Suid-Afrikaanse wynhandels­kou, CapeWine, is met ’n jaar uitgestel, grootliks omdat die organiseer­ders nie ’n hoofborg kon kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa