Landbouweekblad

KATOENPRYS KAN DAAL

-

Die internasio­nale katoenadvi­eskomitee (ICAC) voorspel ’n 2%-styging in wêreldwye katoenprod­uksie vir die 2019-’20 bemarkings­jaar, oftewel 26,3 miljoen ton. Katoenverb­ruik en die handel in katoen het egter afgeneem vanweë die Covid-19-pandemie, en het na verwagting met 3% gedaal tot sowat 23 miljoen ton. Dit sal lei tot eindvoorra­de van 21,75 miljoen ton – die hoogste in vyf jaar, wat die internasio­nale pryse vir die 2020-’21 bemarkings­jaar onder druk sal plaas. ’n Gemiddelde Cotlook A-indeks (’n aanwyser van internasio­nale katoenprys­e) van 59 Amerikaans­e sent per pond word verwag (R10,23 per 453 g), teenoor vanjaar se verwagte prys van 72 sent per pond (R12,48 per 453 g). Suid-Afrika se prysekwiva­lent is sowat R27,37/kg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa