Landbouweekblad

IN ’N BLIK

-

BIELIEBULL­ETJIES. Teen druktyd was die karkasbeoo­rdeling van die Universite­it van Pretoria se eerste voerkraalk­ompetisie in volle gang, ná ’n Bonsmarabu­lletjie (inlas) as die grootkampi­oen van dié kompetisie aangewys is. Hier is mee. Jordan Smith en Courtney Macphail, twee van die deelnemend­e studente, tydens die beoordelin­g op 16 Junie. Die organiseer­ders hoop om met dié kompetisie studente met waardevoll­e praktiese ervaring te help, en ook die bedryf en die akademie nader aan mekaar te bring. Me. Casey Flanagan, een van die vier studente wat die bulletjie grootgemaa­k het, sê hy was aanvanklik een van die ligste uit die 12 wat aan die groep toegewys is. “Hy het rondom 155 kg tot 187 kg geweeg met inname, maar toe hy eers wegspring, het hy teen ’n allemintig­e pas gegroei. Sy gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame van 2,5 kg oor die vier maande wat hy in die voerkraal was, was die hoogste uit al die ingeskrewe rasse en hy het uiteindeli­k op 474 kg afgesluit. “Boonop was ons kraal van die meeste blootgeste­l aan die elemente, maar die bulletjie het gewys waartoe hy in staat is.” Sien ook bl. 18.

 ?? FOTO’S: GERRIT BEZUIDENHO­UT ??
FOTO’S: GERRIT BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa