Landbouweekblad

MNR. MICHAEL SCOTT

-

BY WIE HET JY DIE MEESTE GELEER?

My ouers.

WAT IS DIE SLIMSTE DING WAT ’N SKEERDER KAN DOEN?

Hy moet sy tegniek perfek kry, dan is dit makliker om te skeer.

WAT IS DIE DOMSTE DING WAT ’N SKEERDER KAN DOEN?

Om skape swak te hanteer.

WAT KAN DIE WOL- EN SKEERBEDRY­F DOEN OM MEER SKEERDERS TE LOK?

Dit is ’n moeilike vraag. Die NWKV doen reeds baie om skeerders op te lei, maar dit is sulke harde werk dat baie mense nie die uithouverm­oë het om te bly nie. Baie mense skeer ’n paar maande lank, maar dan gaan hulle weg. Dit is moeilik om meer mense te kry, maar ek dink opleiding vir skoolkinde­rs is die beste manier om meer skeerders te kry. Dit moet eintlik jou passie wees.

HOE HELP JOU VERMOË OM ENGELS, AFRIKAANS EN XHOSA TE PRAAT JOU ONDERNEMIN­G?

Ek kan met die boere Afrikaans praat. Hulle geniet dit om met iemand wat in die skeerskuur is, te kan gesels en uit te vind hoe die skeerdery werk. Xhosa help weer baie met die kommunikas­ie met die skeerders. Ek kan alles maklik vir hulle verduideli­k en daar is nie misverstan­de nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa