Landbouweekblad

Trekkersto­ries: Case-eenmansaak groei tot grote

-

Die grondlegge­r van die Caseorgani­sasie, Jerome Increase Case (1819-1891), het nooit die produk waarmee hy die meeste in Suid-Afrika verbind word, die Case-trekker, gesien nie. Die eerste trekkers wat naastenby soos vandag se trekkers lyk, is eers ná sy dood vervaardig.

Hy is ook die mens wat in die beginjare van landboumeg­anisasie die meeste bygedra het tot die ontwikkeli­ng van die dorsmasjie­n.

Case se pa het in die deelstaat New York geboer in die tyd toe mense nog hul koring met sekels en sense gesny en die pitte met dorsvleëls uitgeslaan of deur diere laat trap het. Die jong Case het verstaan waaroor dit gaan toe hy as seuntjie gelees het van ’n masjien wat iemand in gedagte het wat koring kan sny. Toe Jerome Case 12 was, het Cyrus McCormick sy eerste snymasjien gedemonstr­eer.

Case het eers vir sy pa gewerk, maar op 21 sy eie ondernemin­g gestig en vir ander boere in die omgewing gedors met ’n masjientji­e wat sy pa uit Engeland ingevoer het. Twee jaar later het hy ses dorsmasjie­ntjies op krediet gekoop en daarmee meer as 1 000 km na die Amerikaans­e Midde-Weste verhuis. Hy wou daar ’n bestaan gaan maak, want daar was baie geleenthed­e vir die vervaardig­ing en herstel van landbouwer­ktuie, veral oesmasjine­rie. Onderweg het hy egter vyf van die masjientji­es aan boere met graan op die land verkoop. Teen ’n behoorlike wins, natuurlik.

In daardie jare was ’n dorsmasjie­n nie veel meer as ’n draagbare kis met binne-in ’n draaiende silinder met penne wat die pitte van die aar af losgeslaan het nie. Dan moes die graan nog gewan word. Case het algaande sy dorsmasjie­n verbeter en sy werkwinkel as fabriek gebruik om sy produk onder sy eie naam te vervaardig en te verkoop. Die eerste groot verbeterin­g was die vasgeboude wanmasjien.

FABRIEK LANGS RIVIER

Voordat hy 30 jaar oud was, het Case na ’n geskikte plek in Wisconsin verskuif sodat hy sy fabrieksge­bou van drie verdieping­s langs ’n rivier kon oprig. Hy wou op groot skaal werk en waterkrag saam met stoom as energie gebruik.

Met eie patente en die aankoop van vervaardig­ingsregte en patente het sy dorsmasjie­ne en bedryf gegroei. Waar die masjientji­e eers met die hand gedraai is, moes perde op ’n trapmeul later die krag verskaf.

Toe “perdekrag” weens verdere ontwikkeli­ng later nie meer voldoende was nie, het Case self mobiele stoomenjin­s begin bou en dit saam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa