Durban-personeel sit hand by in stadige Kaapse hawe
EKSTRA personeel uit Durban is ontplooi om te help met die voortslepende krisis in die Kaapstadhawe.
Dit volg ná verskeie internasionale verskepingslyne hulself tydelik en gedeeltelik aan die Kaapstadhawe onttrek het weens erge probleme met opeenhoping en dae lange vertragings.
Dit is die afgelope ruk vererger deur ongunstige weerstoestande. Die vrugte- en wynbedryf is twee uitvoerbedrywe wat hieronder ly.
Van die hawepersoneel het in Mei positief getoets vir Covid-19. Dit is onseker hoe wyd die virus onder werknemers versprei het.
Luidens Wines of South Afrika (Wosa) se inligtingsbulletin het me. Michelle Philips, waarnemende uitvoerende hoof van Transnet se hawe-terminale (TPT), gesê die maatskappy doen sy bes om oplossings te vind. Dit volg op navrae deur Agri SA.
SPANNE VERSTERK
Die personeel uit Durban sal die werkerskorps in die hawe van vier tot ses spanne vergroot. Business Day berig dit kom neer op 20 werknemers.
“Saam met ’n program wat ons tans toepas om doeltreffendheid in die hawe te verbeter, kan ons hopelik die agterstand verklein,” het Philips gesê.
Sy het die hoop uitgespreek dat meer werknemers oor die volgende paar dae kan terugkeer werk toe. “Ons is hard getref deur Covid-19 en hoop die ergste van die krisis is nou verby.”
Nadat Philips drie dae in Kaapstad deurgebring het in ’n poging om die probleme op te los, moes sy ook in selfisolasie gaan.
“Ons probeer op enige moontlike manier help om die vertragings te verminder.”
’n Koue front, gepaardgaande met sterk wind, het sake in die hawe die laaste naweek van Junie