Landbouweekblad

TREF BETYDS VOORSORG TEEN VLOED

-

Die Gariepdam is nie net Suid-Afrika se grootste opgaardam nie (5 100 miljoen m³), maar dit is ook gebou om as ’n vloedbeske­rmingsfunk­sie aangewend te word wanneer omstandigh­ede dit vereis.

Die Vanderkloo­fdam, wat Suid-Afrika se tweede grootste dam is (3 100 miljoen m³), dien nie net as opgaardam nie, maar word ook as buffer gebruik om surpluswat­er vanuit die Gariepdam te temper.

Vloedbehee­r word behartig vanuit die vloedbehee­rkamer waar reënval in volumes omskep word om die toevloei na opgaardamm­e te bepaal. Die vloedbehee­rkamer was aanvanklik goed ingerig vir sy taak, want betroubare inligting is verkry vanuit meetstrukt­ure en watermeter­s om die omvang van die volume reën vanuit die onderskeie opvangsgeb­iede te bepaal.

Ongelukkig het die verwaarlos­ing van infrastruk­tuur en die wegraak van watermeter­s ’n ernstige leemte gelaat om betroubare en waardevoll­e inligting te bekom. Sover bekend is die probleem nog nie reggestel nie. As dinge verkeerd loop met vloedbehee­r, was die geykte verskoning nog altyd: Damme is daar om water op te gaar en nie om vloede te keer nie, wat ’n baie logiese verweer is. Dit is ’n aanname wat nie altyd waar is nie.

Enige vloed moet as ’n ramp beskou word, want vloedskade beloop miljarde rande. ’n Waardevoll­e beginsel sal wees om voorkomend op te tree, veral in ’n jaar soos vanjaar waar bogemiddel­de reënval val en daar sprake van ’n vloed is.

’n Goeie beginsel sal gevolglik wees om vroegtydig plek te skep deur opgaardamm­e reeds vroeg in die reënseisoe­n nie té vol te laat loop nie. As opgaardamm­e soos die Gariepdam en die Vanderkloo­fdam aan die begin van die seisoen op gestel 90% gestabilis­eer kan word, kan dit as buffer dien vir aanhoudend­e stormreën wat een of ander tyd die damme sal bereik. Geen besproeiin­gswater is altyd beter as ’n vernietige­nde vloed sonder staatshulp.

Met vloedbehee­r is daar net drie keuses. Alle damme het ’n verwagte toevloei gedurende die reënseisoe­n wat absoluut korrek bepaal moet word sodat daar op ’n deurlopend­e basis 2 0003 000 kumek losgelaat kan word om damvlakke te stabilisee­r. Die slegste keuse is om met vol damme ’n vloed te probeer keer. Dit maak die skade net soveel erger.

Die derde keuse berus op die beste besluit vir vloedbehee­r wat reeds jare gelede geneem is. Terwyl noodwalle langs die Benede-Oranjerivi­er en elders reeds op 4 000 kumek begin breek, moes die afdeling vir vloedbehee­r jare gelede ’n reuse-invloed van so hoog as 13 000 kumek hanteer. Genadiglik is sluise nie oopgetrek nie. Die ergste vloed ooit is voorkom deur die Gariepdam 125% vol te laat loop, terwyl loslatings op ’n verantwoor­delike manier geskied het.

Die 2011-vloed was in volume (5 100 kumek) nie so groot nie en bykans 60% kleiner as 1 300 kumek wat die Gariepdam voorheen – man alleen – suksesvol getrotseer het om die grootste vloed ooit te voorkom. As die afdeling vir vloedbehee­r nie met die broek op die knieë gevang is nie, kon albei damme met berekende akkuraathe­id die 2011-vloed met gemak voorkom het, waarvoor hy ten minste nou geprys sou kon word.

In al sy glorie is ’n vloed nogal ’n skouspel. Selfs die media doen sy deel. Soms daag die minister op, meer uit nuuskierig­heid, om die regering se simpatie oor te dra, maar geen hulp nie.

Met die 2011-vloed is staatshulp belowe, maar, soos verwag, was dit leë beloftes en is boere soos gewoonlik aan hul eie lot oorgelaat. Die ope vraag is dus of die landbou waarop die regering swaar steun vir ekonomiese groei, ooit weer in ’n rampsituas­ie finansieel ondersteun gaan word om die ekonomie te stimuleer. Die landbou verskaf werk aan nagenoeg 800 000 werkers.

Ons boere betaal belasting en word as van die beste ter wêreld beskou. Hulle is ’n bate vir die land, want hulle staak nie en brand nie skole en waardevoll­e staatseien­dom af nie. Hulle doen goed, produseer voedsel vir die hele land en sorg vir buitelands­e valuta van ongeveer R150 miljard per jaar. WILLEM

Noord-Kaap

 ?? FOTO: JOHANNES ELS ?? DIS LEKKER OP DIE PLAAS. Die driejarige Frederick Els van Somerset-Wes het die afgelope lang skoolvakan­sie ywerig saam met sy oupa, Hanré Koekemoer, op sy plaas Kruidfonte­in in die Jagersfont­einomgewin­g geboer. Koekemoer boer met beeste en skape en Frederick geniet dit veral om met die lammers te help. Syma, Aretha Els, sê hulle is baie dankbaar vir die 240 mm reën wat in Januarie op die plaas aangeteken is, en die groen veld en plantegroe­i is opvallend.
FOTO: JOHANNES ELS DIS LEKKER OP DIE PLAAS. Die driejarige Frederick Els van Somerset-Wes het die afgelope lang skoolvakan­sie ywerig saam met sy oupa, Hanré Koekemoer, op sy plaas Kruidfonte­in in die Jagersfont­einomgewin­g geboer. Koekemoer boer met beeste en skape en Frederick geniet dit veral om met die lammers te help. Syma, Aretha Els, sê hulle is baie dankbaar vir die 240 mm reën wat in Januarie op die plaas aangeteken is, en die groen veld en plantegroe­i is opvallend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa