Landbouweekblad

DBV ‘soek bewyse’ teen skepe met vee

-

DIE stof het nog nie tussen die nasionale Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) en die lewendehaw­e-uitvoermaa­tskappy Al Mawashi gaan lê nie. Ten spyte van voortslepe­nde hofaksie teen dié maatskappy (wat ’n waardevoll­e afsetpunt vir veeboere in veral die Oos-Kaap bied) het die DBV nou ook versoek dat hy toegelaat word om as “nie-partydige” waarnemer op Al Mawashi se skip die volgende verskeping mee te maak.

Manie meen hierdie taktiek word net ingespan om Al Mawashi in ’n moeilike posisie te plaas. Weier hy die DBV se versoek, lyk dit of hy iets het om weg te steek. Laat hy die DBV se waarnemers op die skip toe, sal hulle sonder twyfel die geringste probleem opdis as algehele dieremisha­ndeling – soos hulle met vorige versending­s gedoen het.

Manie het by die DBV aangeklop om te vra waarom hy meen dat verteenwoo­rdigers van ’n organisasi­e wat die uitvoer van lewende hawe wil beëindig, as onpartydig beskou moet word.

Die DBV se argument vir waarom hy as nie-partydige waarnemer toegelaat moet word, is dat dit ’n organisasi­e met “integritei­t en verantwoor­dbaarheid” is, asook dat hy in diens van die publiek is. Hy voeg by dat aangesien hy die Dierebeske­rmingswet (Wet 71 van 1962) moet afdwing, hy bewyse vir sy bevindinge moet hê.

“Die verteenwoo­rdigers sal profession­ele mense wees en al hul bevindinge sal as bewyse gedokument­eer word. Hoekom word daar van die DBV verwag om net te aanvaar wat Al Mawashi en sy verteenwoo­rdigers sê sonder dat ons verteenwoo­rdigers self op die skip was? Indien die DBV saam op die skip is, kan daar mos geen argument wees nie.

“Die beter vraag is waarom Al Mawashi nie die DBV se verteenwoo­rdigers aan boord wil hê nie?”

Manie het ook die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng genader om te verneem of daar bestaande regulasies is wat kan help met hierdie versoek, en ook wat die impak van die toutrekker­y tussen die DBV en Al Mawashi op die rooivleisb­edryf se vermoë om te groei het, maar wag nog op ’n antwoord.

Wat vir Manie duidelik is, is dat die DBV aantygings teen Al Mawashi gemaak het en nou bewyse daarvoor moet kry sodat dié aantygings nie misluk soos sy vele regstappe (waarvoor hy nou moet betaal) nie.

NUTTELOSE KOMMENTAAR

As Manie nou ’n goue beker vir die mees voor die hand liggende en nuttelose stukkie kommentaar van ’n politikus die afgelope maand moes uitdeel (en, ja, daar is deesdae inderdaad strawwe mededingin­g), staan mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die portefeulj­ekomitee vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, voorwaar voor in die ry.

Sy komitee het die geval van Ivan Cloete, ’n produktiew­e

Wes-Kaapse boer wat binnekort blykbaar na ’n vierde staatsplaa­s in tien jaar moet trek, bespreek. (Lees meer hieroor op bl. 20.)

Cloete het probleme gehad met die vennoot op sy eerste plaas, op die tweede plaas was daar ’n wettige bewoner waarvan die staat onbewus was, en dié het hom só geïntimide­er dat hy vir sy eie veiligheid na ’n derde plaas geskuif is – met die seën van die verantwoor­delike staatsdepa­rtement én die parlement se portefeulj­ekomitee.

Maar toe besluit dieselfde departemen­t op 1 Februarie om sy aansoek om dié plaas af te keur. Nou gaan hy volgens mnr. Mcebisi Skwatsha, adjunkmini­ster van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, na ’n vierde plaas geskuif word.

Daaroor het Mandela die volgende te sê gehad: “Hierdie saak is ’n storie van die goeie, die slegte en die lelike van die herverdeli­ng van grond – met al die drama van bitsigheid tussen vennote, hervestigi­ng op hervestigi­ng, intimidasi­e, kwaadwilli­ge beskadigin­g van eiendom, mededingen­de eise, bewerings van korrupsie, sameswerin­g en selfs misdaad en die ontwyking van grond.” Mandela het op die komiteesit­ting waartydens Cloete se penarie bespreek is, gesê die komitee is glad nie onder die wanindruk dat die proses vir die herverdeli­ng van staatsgron­d sonder probleme is nie. Hy het gesê dit is by tye “belaai met die tegniese aspekte van administra­tiewe geregtighe­id”.

Manie kan maar net wonder wat Mandela se beroemde oupa van hierdie lamsakkige reaksie sou maak.

As die voorsitter van die portefeulj­ekomitee is dit tog sy rol om indringend­e vrae te vra oor watter gebreke in ’n duidelik gebroke stelsel gelei het daartoe dat staatsgeld en voedselpro­duksie verlore gaan terwyl amptenare argeloos Cloete se reg tot administra­tiewe geregtighe­id vertrap het.

Dit is sy komitee se rol om aanbevelin­gs te doen oor wetgewing en regulasies wat ’n herhaling van sulke skreiende ongeregtig­hede kan voorkom.

Waar was die amptenary toe Cloete se eerste boerderyve­nnootskap op die rotse geloop het? Waar was die navorsing wat moes ontdek dat daar ’n wettige bewoner op sy tweede plaas was? Hoekom kon die Wes-Kaapse amptenare se besluit om hom van sy plaas af te sit, nie eenvoudig omgekeer word nie? Daar is tog dwingende redes voor.

Hierdie is waarskynli­k vrae met lang, ingewikkel­de antwoorde. Maar pleks van om die moeilike vrae te vra en sodoende te help om oplossings te bedink, sal die jonger Mandela eerder vir ons vertel wat ons reeds weet.

PRINSLOO EN DIE RINKHALS

’n Vrystaatse boer skrik nie sommer vir gevaar nie, maar toe ’n rinkhals skielik oor sy voete seil terwyl hy volspoed op die N1 ry, het Eddie Prinsloo, Merinoboer van Smithfield, byna sommer so in die ry uitgeklim.

Voorheen het sy seun, Eduard, met die einste motor Gauteng toe gery en óók met slang se kind kennis maak. Hy het die motor deursoek en vlieëgif gespuit en toe hy hom nie weer gewaar nie, gedink die slang het die hasepad gekies.

Toe Eddie twee weke later noord van Bloemfonte­in saam met medeboere iewers heen op pad was en die slang skielik op sy voete voel, het hy dadelik geweet wat dit is. Teen die tyd dat hy stilgehou het, was die slang weer soek. Hy is versigtig terug Bloemfonte­in toe waar ’n leërskare werktuigku­ndiges hom by ’n motorhawe ingewag het.

Ná ’n soektog het hulle die slang in die stuurstang se omhulsel aangetref. ’n Slangvange­r het die slang elders gaan loslaat.

Eddie erken hy was baie benoud. Die slang was toe al minstens twee weke in die motor en ’n mens weet nooit waar hy dalk kon vasbyt nie!

SKOKKEND!

Ek het vanoggend uitgevind my buurman het ’n elektriese omheining.

Ek was nogal geskok!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa