Landbouweekblad

Werkverlie­se onvermydel­ik ná reuse-landbouloo­nstyging

-

’N GROEP landbou-werkgewers gaan met die samewerkin­g van die TLU SA en VF+ ’n dispuut verklaar met die nasionale minister van indiensnem­ing en arbeid, mnr. Thulas Nxesi, ná hy ondanks teenkantin­g uit verskeie oorde die minimum loon vir plaaswerke­rs vanaf 1 Maart met 16% tot R21,69 per uur verhoog het.

Hierdie eenmalige verhoging is omdat ’n spesiale vergunning wat die minimum loon vir plaasen huiswerker­s 10% laer as die nasionale minimum loon gemaak het, verval het.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­egewoonlik. kamer Agbiz, wys in ’n verklaring daarop dat die sakekommis­sarisse van die nasionale minimumloo­nkommissie tydens oorlegpleg­ing in November 2020 nie hierdie verhogings gesteun het nie, vanweë die ekonomiese skade wat Covid-19-verwante inperkings aangerig het.

Hy meen die verhogings “is nie belyn met ekonomiese werklikhed­e nie”, en neem nie bekostigba­arheid binne die huidige ekonomiese klimaat in ag nie. Agbiz het in sy voorleggin­gs aan die kommissie gewaarsku dit sou tot verdere werkverlie­se lei.

“Al was die landbou ’n ster in die ekonomie, is die arbeidssub­sektore soos die wynbedryf swaar getref deur die verbod op verkope.

“Kontantvlo­eiprobleme staar reeds wyn- en tafeldruif­boere in die gesig, en die erge ekonomiese impak is uitgelig deur die onderskeid­elike 37%- en 8%-afname in boerderybe­sighede teenoor die ooreenstem­mende tyd die vorige jaar.”

KAN NIE ABSORBEER

Mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA, sê die organisasi­e het in Desember aanbeveel die regering moet afsien van die verhoogde minimum loon totdat die ekonomie weer groei en

werklooshe­id afneem. Hy sê dis bykans onmoontlik vir boere om dié vlakke van vergoeding te absorbeer. Hy wys verder daarop dat die regering se uitgebreid­e openbare werkskeppi­ngsprogram­me die helfte minder betaal.

Geldenhuys waarsku ook dat die hoër minimum loon tot ’n verdere styging in voedselpry­se sal lei.

Ook Agri Wes-Kaap het voorleggin­gs téén die groot verhoging gemaak, en voorgestel dat die loon op ’n volhoubare manier volgens die VPI moet verhoog, en die 10%-vergunning nog twee jaar moet geld voor dit uitgefasee­r word.

“Hoewel baie permanente plaaswerke­rs meer as die minimum loon verdien, kan die landbou nie ’n verhoging van 16,1% in een produksie-inset bekostig nie. Die styging kom te midde van die nadelige uitwerking wat Covid-19-regulasies op die landintens­iewe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa