Landbouweekblad

VLOEDWATER VERSWELG BENEDE-ORANJERIVI­ER

- – WILLEM VAN DER BERG en MICHELLE VAN DER SPUY

’N MOTORBOOT het op 7 Februarie van Kuruman tot by Van Zylsrus in die Noord-Kaap gevaar – iets wat net moontlik was omdat die Kurumanriv­ier vir die eerste keer sedert 1988 in vloed was.

Daar was groot watersport­s in Van Zylsrus daardie naweek toe die rivier dwarsdeur dié Kalaharido­rpie gevloei het.“Só baie mense het ons nog nooit hier gesien nie,” vertel mnr. Jaco Moller, bestuurder van KLK Landbou.

“Hier was regtig nêrens meer ’n staanplek teen die rivier nie. Dit was net mense en bote en vlotte op die water. Waar die boere so vinnig bote gekry het, weet ek wragtag nie.”

Die Kurumanriv­ier, wat die meeste van die tyd net ’n kalkerige droë loop is, het begin vloei ná swaar reën tussen Kuruman en Vryburg. Dit het so sterk afgekom dat grondpaaie tussen Van Zylsrus en Hotazel dae lank oorstroom was.

Die rivier sny Van Zylsrus in twee, met die township, skool en polisiekan­toor aan die een kant en die koöperasie, hotel en winkel aan die ander kant.

’n Handgemaak­te vlot (bakkietral­ies hou jou darem veilig) het jou oor die water geneem, maar dit het ’n stewige R30 per persoon vir ’n eenrigting­kaartjie gekos. As jy bagasie saamgeneem het, moes jy nog ’n paar rand uithaal.

“My drie werkers moes met die vlot oorkom en dit het nie net R90 gekos nie. Nee, R150 vir die trippie, met bagasie ingesluit,” vertel mnr. Danie Lubbe, ’n boer van die distrik, laggend.

AFGESNY

Tussen Van Zylsrus en Askham was heelwat boere afgesny van die grondpad wat teen hulle verbyloop, omdat die meeste plaashuise aan die ander kant van die rivier as die pad is. By die plaas Leeupan, sowat 35 km wes van Van Zylsrus, het me. Lorraine de Bruin en haar familie gespook om ’n vlot te prakseer om die stroom van 150 m breed te kon oorsteek.

“Ons is al by plan D en dit het ook nie gewerk nie. Ek het nooit gedink dat ons ooit met so ’n situasie sou sukkel nie. Maar dit is ’n ongeloofli­ke tyd in die Kalahari. Dit is ’n uiters spesiale belewenis om die Kurumanriv­ier só te sien,” sê sy.

Die voorpunt van die water was teen 10 Februarie net mooi tussen Van Zylsrus en Askham. Oral langs die rivier was boere en hul families besig om teen die water te kuier. Daar was ’n moontlikhe­id dat die water binne vyf dae tot in Askham sou vloei. Dít het glo laas in 1974 gebeur.

VLOEDWALLE

In die eerste naweek van Februarie

is wingerde by onder meer Keimoes langs die Benede-Oranjerivi­er oorstroom.

Mnr. Jors van der Westhuizen, ’n rosyntjie-en-wyndruifbo­er van die distrik Grootdrink, sê hulle is gelukkig dat die vloedwalle wat ná 2011 se oorstromin­gs in die gebied gebou is, nog hou. Daar is wel boere wat skade gely het in dié dele waar die walle nog nie herstel is nie. “Dis nogal ’n senutergen­de seisoen. Die water bly styg en mens bly maar onseker oor wat gaan gebeur, maar tot dusver hou ons nog uit.”

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê hoewel skade weens die groot hoeveelhei­d water wat tans deur die Oranjerivi­erstelsel beweeg, kleiner is as die skade van 2011, is dit steeds noemenswaa­rdig.

“Die Benede-Oranjerivi­er is erg onder druk weens die hoë watervlakk­e wat daardeur beweeg. Veral dié dele waar daar nie vloedwalle is nie, wek kommer, want as gevolg daarvan word water in wingerde en ander aangeplant­e landerye ingestoot.

“Dan is daar ook van die vloedwalle wat nie herstel is nie wat probleme skep. Enkele herstelde walle het vanweë die hoë watervlak meegegee.”

Jansen sê omdat die water ’n lang tyd op die walle staan, raak die walle mettertyd sag en gee mee. “Ons hou duim vas dat die water in die Oranjerivi­erstelsel spoedig verder sal afloop en die hoë watervlakk­e sal begin normalisee­r sodat verdere skade nie in daardie omgewing voorkom nie.”

KAAP AGRI werk hard daaraan om sy Agrimark-afdeling in Suid-Afrika uit te brei, maar nie deur tradisione­le winkels op te rig nie.

Mnr. Chris Logan, hoofbestuu­rder van Opportune Investment­s en ’n aandeelhou­er in Kaap Agri, het op Kaap Agri se virtuele jaarvergad­ering sy teleurstel­ling uitgespree­k dat daar nie groter dryfkrag by Kaap Agri is om te hou by wat hy ken nie.

Volgens hom het Kaap Agri sedert 2016 sowat R820 miljoen se kapitaal in The Fuel Company gestoot, wat verlede jaar slegs 10% voorbelast­e wins getoon het.

In dieselfde tyd het die maatskappy slegs R11 miljoen belê in die handelsafd­eling, waarvan die voorbelast­e wins meer as 53% beloop het.

“Die handelsafd­eling lewer op ’n bestendige grondslag indrukwekk­ende opbrengste, selfs verlede jaar te midde van die Covid-19-pandemie. Moet Kaap Agri nie meer kapitaal daar aanwend nie? Die afdeling is veerkragti­g en verwant aan die landbou, waardireks­ie, voor Kaap Agri ’n goeie begrip het,” was Logan se kommentaar.

Hy meen Kaap Agri se aandeelpry­s sou hoër as R100 gewees het as hulle sterker in handel belê het. Tans is dit sowat R39 per aandeel.

DIE TOEKOMS

Mnr. Sean Walsh, hoofbestuu­rder van Kaap Agri, het saamgestem die Agrimark-afdeling se opbrengste is “uitsonderl­ik”. Volgens hom is een van die redes daarvoor juis dat die maatskappy nie sy teenwoordi­gheid “onbeheers” uitbrei met fisieke winkels nie.

Hy het ook die versekerin­g gegee dat dié afdeling baie van hul tyd en aandag geniet, maar nie “op die gewone manier” nie.

“Ons strategie is doelbewus en deurdag. Ons brei uit na die gebiede waar ons die beste vaar, naamlik die waterryke gebiede. Ons is sowat 90-95% gevorder met die voltooiing van ons teenwoordi­gheid wat winkels in waterinten­siewe gebiede betref.”

Die maatskappy se navorsing toon die marges op winkels in waterarmer gebiede, soos Bothaville, is onder druk, veral as hy in dié gebiede met ’n bestaande handelsmer­k moet meeding. Intussen werk die maatskappy aan digitale oplossings om in ander dele van Suid-Afrika sake te doen.

“Ons ontwikkel digitale meganismes wat ons in staat stel om aan klante te verkoop wat nie naby ons huidige teenwoordi­gheid geleë is nie. Ons is baie suksesvol daarmee en het sowat R600 miljoen se omset verdien sonder nuwe takke of infrastruk­tuur.”

Volgens hom word die digitale oplossing deur twee takke en ’n virtuele tak bestuur. “Ons bedien klante reg oor Suid-Afrika, gegrond op geslotekri­ngkontrakt­e wat aan groot maatskappy­e soos Pepsico en McCain’s voorsien.”

Volgens mnr. George Steyn, voorsitter van Kaap Agri se direksie, het die maatskappy verlede Augustus ’n toepassing bekend gestel wat rekeningho­uers toelaat om hul rekeninge en transaksie­s “enige tyd en van enige plek af” te bestuur.

MINDER EIENDOMME

Walsh het gesê die resultate van die digitale ontwikkeli­ngs word binne die Agrimark-afdeling se resultate opgeneem.

“Dit dra by tot die opbrengs op kapitaal wat ons belê het, want ons groei van ’n baie lae belegging af.”

Hy het erken die opbrengs op kapitaal wat in The Fuel Company belê is, is ’n kwessie. Die maatskappy het aanvanklik besluit om ook te belê in die eiendomme waar die vulstasies is. Die direksie het onlangs besluit om eerder dié beleggings te onttrek, omdat dit die opbrengs op kapitaal sal verbeter.

“The Fuel Company se opbrengs lyk reeds beter as ’n jaar gelede,” het Walsh gesê.

 ?? FOTO:WILLEMVAND­ERBERG ?? Tussen Van Zylsrus en Askham het die vloedwater van die Kurumanriv­ier talle plase van die grondpad afgesny.
FOTO:WILLEMVAND­ERBERG Tussen Van Zylsrus en Askham het die vloedwater van die Kurumanriv­ier talle plase van die grondpad afgesny.
 ?? FOTO: WILLEM VAN DER BERG ?? Die Kurumanriv­ier het Van Zylsrus vir alle praktiese doeleindes in twee gesny.
FOTO: WILLEM VAN DER BERG Die Kurumanriv­ier het Van Zylsrus vir alle praktiese doeleindes in twee gesny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa