Landbouweekblad

Gesaaides kry ’n afdroogkan­s

-

BOERE kan volgens langerterm­yn-weervoorsp­ellings uitsien na ’n “paar duim sonskyn” tot die einde van die maand – iets wat veral graanboere met versuipte graanlande graag wil hê.

“Kort- tot mediumterm­ynvoorspel­lings wys vir omtrent die eerste keer die afgelope twee maande min of geen reën oor groot dele van die land, behalwe oor die verre oostelike dele, tot minstens die eerste week van Maart,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhankli­ke landbouwee­rkundige.

Die droër toestande is slegte nuus vir die westelike dele van die land wat steeds op goeie reën of op opvolgreën wag, maar word verwelkom in gebiede soos die Noordwes-, Noord- en OosVrystaa­t

waar verdere reën baie groot skade aan gesaaides kan veroorsaak.

Redelik warm toestande met temperatur­e bo 30 °C en betreklik min bewolkte toestande kan oor die graangebie­de voorkom, met die uitsonderi­ng van die oostelike produksieg­ebiede soos Mpumalanga. Van den Berg sê met die warmer toestande kan rekordoest­e behaal word in gebiede waar daar nie versuipska­de is nie en waar voldoende bemesting toegedien is.

Hy waarsku veeboere om te waak teen parasiete en siektes by vee vanweë die stilstaand­e water en warm toestande.

DROOGTE KLÓÚ

Dele van die Kalahari, soos Van Zylsrus, Askham, Pofadder, Kenhardt, Prieska, Upington en die gebied wes van Daniëlskui­l, asook die sentrale tot noordelike dele van die Karoo het verlede maand reën gekry, maar weens die gebrek aan opvolgreën het weidingsto­estande weer begin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa