Landbouweekblad

BOERE HET NUWE PLAN VIR OU SUIDWES-HOOFKANTOO­R

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE perseel waar die hoofkantoo­r van Suidwes Landbou geleë was, sal na verwagting eersdaags in ’n opleidings­entrum vir jong boere omskep word.

’n Komitee bestaande uit boere en die gemeenskap van Leeudoring­stad is van plan om die perseel te koop en te omskep.

Mnr. Gerhard Rossouw, voorsitter van die Leeudoring­stadboerev­ereniging, het aan Landbouwee­kblad gesê die gebou staan tans leeg, en dat die boerderyge­meenskap van plan is om dit in ’n landboukol­lege te omskep.

“Sedert die oorname van Suidwes Landbou deur Senwes het die dorp se ekonomie begin agteruitga­an, aangesien die hoofkantoo­r van Suidwes Landbou hier gesetel was en ’n groot werkskeppe­r vir die omgewing was.

“Ons hoop dus om die dorp se ekonomiese toestand om te keer deur ’n volhoubare landboukol­lege te vestig,” het hy gesê.

BELANGSTEL­LENDES

Hoewel Senwes uiteindeli­k sowat 930 werkgeleen­thede kon red, het die transaksie heelwat inwoners na Klerksdorp verplaas, wat die plaaslike ekonomie in Leeudoring­stad geknou het. Mnr. Jaco Marais, tesame met Rossouw en mnr. Deon Berg het die veiling van die gebou in Johannesbu­rg bygeVolgen­s woon. “En toe is ons die enigste geregistre­erde belangstel­lendes.”

Die boere het ’n aanbod vir die perseel gemaak, maar dit is nie aanvaar nie. Marais het gesê hulle het intussen ’n nuwe aanbod gemaak. Hy het gesê die perseel, wat benewens die kantoorspa­sie ook oor ’n gimnasium, klubhuis, rolbalbane, tennisbane en ander geriewe beskik, is ideaal om in ’n landboukol­lege omskep te word.

“Daar is ook ’n vergaderin­g gereël tussen ons, Graan SA en AfriForum om maniere te ondersoek om die kollege tot stand te kan bring. Van AfriForum se kant af, met die Sol-Tech-opleidings­entrum, is daar heelwat kennis wat hier toegepas kan word, terwyl Graan SA as kommoditei­tsorganisa­sie ook reeds te kenne gegee het dat hy graag by die projek betrokke sal wil word,” het Marais gesê.

GELEENTHEI­D

Hy het gesê dit is belangrik dat die volgende geslag boere reg opgelei moet word om die landbou te laat groei. “Ons kan nie meer ’n situasie hê waar die volgende geslag by hul pa leer en dan weer sy foute op die plaas herhaal nie. Ons sal moet wyer dink, en hierdie is ’n geleenthei­d om juis die volgende geslag ’n stewige grondslag te gee.” Benewens heeltydse studente, beoog Marais om ook korter kursusse aan te bied.

“Dit sal hopelik nie net die situasie in Leeudoring­stad help omdraai nie, maar kan ook meer jong boere help oplei ten einde ’n wyer impak op die landbousek­tor te maak,” het Rossouw gesê.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Boere van Leeudoring­stad wil Suidwes Landbou se ou hoofkantoo­r in ’n opleidings­entrum omskep.
FOTO’S: VERSKAF Boere van Leeudoring­stad wil Suidwes Landbou se ou hoofkantoo­r in ’n opleidings­entrum omskep.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa