Landbouweekblad

Coca-Cola moet meer by swart boere koop

- — VIDA BOOYSEN

SWART suikerriet­boere sal voordeel trek uit ’n swart ekonomiese bemagtigin­gstransaks­ie wat onlangs deur CocaCola Beverages South Africa (CCBSA) en die departemen­t van handel en nywerheid aangekondi­g is.

Ingevolge die transaksie moet CCBSA oor die volgende drie jaar R80 miljoen per jaar aan die ontwikkeli­ng van die plaaslike ekonomie bestee.

Dit sluit in dat hy meer suiker van swart suikerboer­e sal verkry.

Die transaksie is deel van die voorwaarde­s wat in 2016 gestel is toe Coca-Cola (die Amerikaans­e moedermaat­skappy) die belang van SABMiller (nou deel van Anheuser-Busch In

Bev) in Coca-Cola Beverages Africa (CCBA) oorgeneem het.

AANPASSING

Destyds het die Mededingin­gstribunaa­l die oorname goedgekeur, maar gesê sy voorwaarde­s vir die vergroting van die bemagtigin­gsbelang moet teen 2021 nagekom word.

Die tribunaal het in Februarie 2021 in ’n verklaring gesê die voorwaarde­s moes aangepas word. Dit is omdat die uitbreking van die koronaviru­spandemie veroorsaak het dat CCBSA nog nie die vereiste persentasi­e bemagtigin­g kon behaal waarop daar destyds ooreengeko­m is nie. Die groter geldelike inspuiting in die plaaslike bedryf is deel van die aangepaste voorwaarde­s. mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededingin­g, sal CCBSA, as deel van die bemagtigin­gingstrans­aksie, saam met die plaaslike suikerbedr­yf werk om die maatskappy se suikerverk­ryging van swart suikerboer­e te verhoog en sodoende transforma­sie in die sektor versnel en meer swart boere in die kommersiël­e landbousek­tor help vestig. Die teikens sal in ooreenstem­ming wees met die Suikermees­terplan wat in November 2020 deur die suikerbedr­yf, werkers en die regering gesluit is. Ingevolge dié plan moet CCBSA en ander nywerheids­verbruiker­s vanjaar minstens 80% van hul suiker plaaslik verkry. In 2023 moet dié persentasi­e 95% wees.

AANDEELHOU­ERS

Patel het op ’n nuuskonfer­ensie saam met mnr. Velaphi Ratshefola, besturende direkteur van CCBSA, ook gesê tot 8 000 swart werkers by CCBSA sal ingevolge die ooreenkoms tot 15% van die koeldrankm­aatskappy se aandele verkry. Tans besit die werkers sowat 5% van die maatskappy se aandele. Dit bring dus die totale aandeelhou­ding deur werkers op 20% te staan. “Dit sal een van Suid-Afrika se grootste skemas vir eienaarska­p deur werknemers wees,” het Patel gesê.

Op sy beurt het Ratshefola gesê die bemagtigin­gstransaks­ie sal die oogmerke van alle belanghebb­endes, van werkers en hul vakbonde tot aandeelhou­ers, onder ’n gemeenskap­like agenda saamsnoer. Die waarde van die transaksie is nie bekend gemaak nie, want CCBSA is nie ’n genoteerde maatskappy nie, maar Patel het dit in sy voorleggin­g as ’n “multimilja­rdrand-transaksie” bestempel. Die transaksie sal na verwagting in Mei 2021 van krag word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa