Landbouweekblad

1 NAMIBIË

- — JASPER RAATS

| Veldtog teen bek-en-klou haak vas

Entstoftek­orte belemmer tans pogings van Namibië se ministerie van landbou, water en grondhervo­rming om die bek-en-klouseer-uitbreking in die noorde van die land hok te slaan. Namibië koop sy entstowwe by die Botswana-entstofins­tituut.

Die siekte het aanvanklik by ’n diptenk in Oshakati kop uitgesteek op 28 Desember, en sedertdien na onder meer Oshana, Omusati, Ohangwena en Kunene versprei. Dié gebiede is tot siektebehe­ergebiede verklaar.

Dr. Albertina Shilongo, die hoofstaats­veearts, sê die siekte is die afgelope drie jaar slegs in hoërisikog­ebiede bekamp, soos gebiede naby die rooilyn en internasio­nale grense. “Nou is die risiko van besmetting baie hoog en ons kan (die siekte) net in bedwang bring as ons al die diere inent.” Sy het ’n pleidooi gelewer dat beesboere nie hul beeste uit Angola oor die grens bring in Namibië in nie.

| Covid-19 vertraag invoer van koring

om oorweeg die organiseer­ders nie tans om die simposium aanlyn aan te bied nie.

“Die Maluma-simposium word in elk geval elke jaar via YouTube gebeeldsen­d, maar die meeste mense verkies om dit in persoon by te woon, juis vir die geleenthei­d om mekaar in die oë te kyk, vrae te vra, te leer en transaksie­s te beklink.”

FRUIT LOGISTICA

Lewis sê dieselfde geld die internasio­nale varsproduk­te-expo Fruit Logistica, wat elke jaar in die eerste week in Februarie in Berlyn aangebied word. “Daar kan ons sien wat die res van die wêreld doen, en nuwe sakegeleen­thede ondersoek. Dit is daar dat ons transaksie­s beklink met ’n handdruk en later met papierwerk opvolg. Sonder die persoonlik­e interaksie is sulke ooreenkoms­te en gesprekke nie moontlik nie. Aanlyn is eenvoudig nie dieselfde nie.”

Fruit Logistica is uitgestel tot die eerste week van Mei. “Ons hou duime vas en hoop ons kan almal in Mei bymekaarko­m,” het me. Madlen Miserius, een van Fruit Logistica se senior bestuursle­de, in ’n onlangse videoboods­kap aan die varsproduk­tebedryf gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa