Landbouweekblad

LBW-LESER

- — MICHELLE VAN DER SPUY

MNR. MARAIS BESTER (88), ’n wolboer, Saalperdli­efhebber en jagter wat meer as 50 jaar ’n intekenaar van Landbouwee­kblad was, is nou met sy oorlede broer, suster en seun herenig nadat hy op 28 Januarie oorlede is, vertel sy kleinseun mnr. Lukas Bester.

Marais is in 1932 op die plaas Blouwater by Molteno in die OosKaap gebore en het in 1950 daar saam met sy pa begin boer. In 1966 het hy, sy vrou, Drinie, en hul drie seuns na Cedarville verhuis. Hier het hy op die plaas Die Kroon as Merino-wolboer saam met sy seun Andries met van die beste bloedlyne in die land geteel, vertel Lukas.

Nadat hy 40 jaar op Die Kroon geboer het, het hy en Drinie in Potchefstr­oom afgetree. Hy kon egter nie stilsit nie en het in sy 80’s weer in die Rooipoort-gebied op die plaas Heiland saam met sy aangetroud­e kleinseun mnr. Albert Zitzke met Vleismerin­o’s en Bonsmaras begin boer. Hy het ook steeds perd opgesaal, skaap gespuit en “kopskote geskiet”.

Hy het altyd oor ’n bees gesê dit kan enige kleur wees, solank hy rooi is, vertel Lukas. “Sy liefde vir diere het tot op sy Toyota se persoonlik­e nommerplaa­t gepronk: ‘Blesbok – NW’.”

Lukas sê sy oupa se heengaan laat nie net ’n leemte in die harte van sy familie nie, maar ook in die Suid-Afrikaanse boerderyge­meenskap. “Vir vele jong boere, jagters en perdeliefh­ebbers was hy ’n mentor en voorbeeld van hoe om, in liefde en nederighei­d, na die natuur en mekaar om te sien.

“Al sou mens ander toekenning­s en posisies kon noem, is dit sy rol in die direksie van BKB (1992-1998) en die KwaZulu-Natalse Jagtersver­eniging se erkenning aan hom vir sy lewenslang­e rol in omgewingsb­eskerming wat uitstaan: ’n Man met ’n diep liefde vir die bewaring van sy land en haar natuurskoo­n.”

Hy laat sy vrou, twee van sy seuns (die derde seun is in 2002 oorlede), drie skoondogte­rs, dertien kleinkinde­rs en tien agterklein­kinders agter.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Marais Bester
FOTO: VERSKAF Mnr. Marais Bester

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa