Landbouweekblad

VEE-AGENTE: PAS DIÉ REËLS GOU TOE

- Apacouncil.org.za. www.

DIE Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) beveel aan dat alle agente wat vee bemark, hulself vertroud maak met die inhoud van die biosekerhe­idsmaatreë­ls vir lewendehaw­e-agente soos dit op 13 November in die Staatskoer­ant afgekondig is.

Daar is konsensus binne die RPO dat regstreeks­e verkope aan byvoorbeel­d voerkrale en abattoirs ook gereguleer moet word.

Die biosekerhe­idsmaatreë­ls vir lewendehaw­e-agente is hoofsaakli­k ingestel om te verseker dat die Suid-Afrikaanse lewendehaw­e- en wildbedryf aan die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) se kode voldoen om internasio­nale handel te verbeter.

Tweedens is die reëls daarop gemik om die lewendehaw­e-agentebedr­yf te reguleer, met spesifieke verwysing na voorsorgma­atreëls wat by veilings vereis word (as ’n tweede vlak van opsporing van dieresiekt­es) om die risiko van die verspreidi­ng van beheerde, aanmeldbar­e en ander dieresiekt­es te verminder.

Hoewel die reëls van toepassing is vanaf die datum van afkondigin­g (13 November 2020), sal ’n bykomende grasietydp­erk van ses maande toegelaat word sodat alle agente hulself van die inhoud van die reëls kan vergewis, hul infrastruk­tuur en prosesse kan aanpas, en hulle op volkome nakoming voorberei. Die toepassing van die maatreëls moet voor of op 30 Junie afgehandel wees.

Elke lewendehaw­e-agent moet aan die volgende voldoen:

■ Verpligte registrasi­e by die landboupro­dute-agenteraad (Apac). Dit sluit in lewendehaw­e-agente wat aanlyn en virtuele veilings aanbied.

■ ’n Eksterne oudit van die veilingsge­riewe en alle biosekerhe­idsprosedu­res moet elke twee jaar deur ’n onafhankli­ke ouditeur onderneem word. Die Suid-Afrikaanse vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) sal dié rol vervul.

■ Die verantwoor­delikhede in afdeling 11 en 26 van die Wet op Dieregeson­dheid moet skriftelik aanvaar word. Die dokument van aanvaardin­g sal deel wees van die eksterne ouditprose­s. Die eerste verslag moet voor of op 31 Desember vanjaar gereed wees.

■ Elke lewendehaw­e-agent moet ’n opgeleide biosekerhe­idspraktis­yn aanstel wat by die Suid-Afrikaanse Veeartsraa­d (SAVC) geregistre­er moet wees. Die biosekerhe­idspraktis­yn is verantwoor­delik vir die biosekerhe­idsplan en moet toesien dat aan alle minimum maatreëls ten opsite van biosekerhe­id vir alle diere van verskillen­de oorsprong wat vir opveiling bymekaar kom, voldoen word.

REKORDHOUD­ING

BY DIE VEILINGSPE­RSEEL

Elke lewendehaw­e-agent moet ’n betroubare en noukeurige rekordhoud­ingstelsel ten opsigte van biosekerhe­id op die veiling instel. Die stelsel moet verseker dat alle transaksie­s in ooreenstem­ming met ouditbare en opspoorbar­e prosesse uitgevoer word.

’n Dier wat vir verhandeli­ng op ’n veiling bestem is, moet ten minste 24 uur voor die werklike veiling geregistre­er wees.

Die kwitansie en verkope van vee word in die reëls uiteengesi­t. Die volgende dokumente moet die dier vergesel wanneer dit by die veilingspe­rseel aankom:

■ ’n Oorspronkl­ike, geldige artikel 6- en/of 8-dokument van die dier se eienaar.

■ Afskrif van die brandmerkr­egistrasie-sertifikaa­t van die eienaar.

■ Afskrif van die ID-dokument van die eienaar.

■ Oorspronkl­ike dieregeson­dheidsverk­laring, wat ook met ’n bevestigin­g van ’n veearts vir die plaas van oorsprong en die spesifieke dier vergesel kan wees.

■ Volledige besonderhe­de van die plek van oorsprong op die artikel 6-dokument: fisieke adres, naam van die plaas, nommer van die landmeter-generaal en plaasnomme­r, soos verklaar en geteken deur die eienaar van die dier, asook die eienaar of bestuurder van die plek van oorsprong.

DIERE-IDENTIFIKA­SIE

’n Dier wat geverifiee­r en aanvaar word op

’n veiling moet voldoende en permanent gemerk wees met die eienaar se registrasi­emerk in ooreenstem­ming met die Wet op die Identifika­sie van Diere (Wet 6 van 2002) en regulasies soos dit in die Staatskoer­ant, nr. 25732 van 21 November 2003, afgekondig is.

Voor ’n dier by ’n veiling afgelaai word, moet die lewendehaw­e-agent seker maak dat die geregistre­erde brandmerk aan die eienaar behoort. Die brandmerk-sertifikaa­t en die ID van die eienaar of vervoerder van die diere moet nagegaan word.

Die volgende is ontoelaatb­aar:

■ Die aflaai van ’n dier by die aankomslok­aal sonder ’n geregistre­erde merk is verbode. Indien die oorplaatji­e vir elke dier se individuel­e identifika­sie (soos deur die lewendehaw­e-identifika­sie en -naspeurbaa­rheidstels­el bepaal) nie ooreenstem met die lys van diere in die oorspronkl­ike verklaring van dieregeson­dheid deur die eienaar nie, mag so ’n dier nie afgelaai en by ’n veiling ontvang word nie.

■ ’n Dier met ’n vars brandmerk mag nie afgelaai of aanvaar word nie.

■ ’n Dier met nat verfmerke van ’n vorige veiling mag nie binne 28 dae van die vorige veiling aanvaar word nie.

■ Die brandmerk of merk van ’n dier by die veilingspe­rseel is verbode.

Gevalle van ’n dier waaroor daar agterdog bestaan, ’n dier wat nie aan brandmerkv­ereistes voldoen nie, en ’n dier wat moontlik gesteel is, moet onmiddelli­k by die SA Polisiedie­ns se veediefsta­leenheid aangemeld word. Die kontakbeso­nderhede en na-uurse besonderhe­de van die betrokke veediefsta­leenheid moet by die veilingspe­rsele beskikbaar wees en vertoon word.

Die RPO het op ’n nasionale raadsverga­dering besluit daar moet met mnr. Francois Knowles, hoofbeampt­e van die landboupro­dukte-agenteraad (Apac), vergader word om die praktiese haalbaarhe­id en die toepassing­sraamwerk van die reëls te bespreek.

’n Vergaderin­g sal binnekort geskedulee­r word met verteenwoo­rdiging van die nege provinsial­e RPO’s en verteenwoo­rdigers van die Suid-Afrikaanse Federasie vir Lewendehaw­e Afslaers (Safla).

Die volledige stel reëls is beskikbaar by

HIERDIE BLAD IS DEUR DIE RPO GEBORG.

Die departemen­t van landbou het in 2016 ’n gevolmagti­gde aangestel om graan en oliesade by silo’s te gradeer. Op 1 Februarie het Leaf Services aangekondi­g die inspeksie van graderings­funksies by silo’s gaan op 1 April 2021 begin. Sedert ’n jaar gelede het die departemen­t en die gevolmagti­gde besef ’n gevolmagti­gde kan nie die totale graderings­funksie, personeel en instrument­e oorneem nie omdat dit tot groot koste en teenstand in die waardekett­ing sal lei.

Die departemen­t se gevolmagti­gde het op 1 Februarie sy sakeplan en lewensvatb­aarheidstu­die aan belanghebb­endes in die waardekett­ing beskikbaar gestel.

Die span van Afrilogic wat deur Leaf Services aangestel is om die lewensvatb­aarheidstu­die te onderneem, en nou ook in Leaf Services se topbestuur aangestel is, het wyd gekonsulte­er om die plan af te handel.

Die huidige voorstel is dat die gevolmagti­gde die graderings­funksies en instrument­e en personeel se graderings­vermoë sal inspekteer. Om koste laag te hou word voorgestel dat silo’s hul personeel vir ’n dag of twee sal sekondeer om in diens van Leaf Services te wees.

Die bykomende koste vir die totale waardekett­ing beloop R4/t, in totaal meer as R170 miljoen. Silo’s sal die heffing, wat statutêr gaan wees, moet insamel en administra­tiewe stelsels daarvoor in werking moet stel. Sodra die voorstel in die Staatskoer­ant afgekondig word, is daar 30 dae om kommentaar te lewer.

Die departemen­t van landbou het nog nie verduideli­k waarom die graderings­funksie by silo’s geinspekte­er moet word nie.

SELFREGULE­RING

Die graderings­inligting word dadelik aan die betrokke partye verskaf. Die Suid-Afrikaanse graanlabor­atorium het ringtoetse waaraan opbergers (Agbiz Grain se lede) deelneem. Gradering geskied reg deur die bedryf volgens vereiste standaarde. Afwykings word reggestel. Dispute word besleg op grond van die graderings­regulasies.

Selfregule­ring in die gradering van grane en oliesade is reeds ná dereguleri­ng tot ’n wetlike vlak verhef. Die graderings­regulasie in die Wet op Landboupro­dukstandaa­rde (Wet 119 van 1990) bepaal die minimum vereistes vir gradering, soos dit tydens verhandeli­ng vereis word. Die wet maak ook voorsienin­g vir regstellen­de stappe en boetes.

Die graderings­inligting nadat ’n gelewerde kommoditei­t gegradeer is, word volledig en tydig aan die betrokke partye verskaf. Dit regverdig dus nie ’n toename in regulering en koste nie.

Daar is nie ’n monopolie in die gradering van graan en oliesade wat groter regulering regverdig nie. Is daar ’n monopolist­iese markdeelne­mer wat sy oorheersen­de posisie misbruik, wat tot verliese vir ander deelnemers lei? Indien nie, regverdig dit dus nie ’n toename in regulering oor die totale bedryf nie.

Ryk lande gebruik moderne maatstawwe om te voorkom dat hul bedrywe en ekonomiese groei deur onnodige administra­tiewe laste belas word. Hierdie lande maak seker die regulatori­ese impakstudi­es voldoen aan hoë standaarde. Taakspanne moet toesien dat administra­tiewe laste en koste verminder. Suid-Afrika kan daaruit leer.

Dié lande monitor die impak van regulasies wat reeds toegepas is, tot by die regulasie se oorsprong om te bepaal of die regulasie nog regverdig kan word. Is die Wet op Landboupro­dukstandaa­rde en vereistes vir die gevolmagti­gde nog van toepassing?

Lande doen deesdae ’n regulatori­ese impak-ontleding om te verseker dat regulasies nie hul bedrywe benadeel nie.

Die lande streef daarna om duur administra­tiewe laste deurlopend te verminder.

Politici ondersteun die proses om die administra­tiewe las op ondernemin­gs te verlig.

Inligtings­tegnologie word toenemend gebruik om die las op bedrywe te verlig.

Die lande kommunikee­r die suksesse wat hulle behaal.

In Suid-Afrika word gradering gevoer deur ’n kombinasie van selfregule­ring en vereistes waaraan gradering dienooreen­komstig die afgekondig­de graderings­regulasies moet voldoen. Die stelsel werk uitstekend.

Bly vernuwend en streef daarna om oplossings vir probleme te vind. Die gradering van kommoditei­te in Suid-Afrika word behoorlik gereguleer en die inligting word tydig en openlik uitgeruil tussen diegene wat by die transaksie betrokke is. Die instelling­s wat tans die gradering van graan en oliesade uitvoer, het nie ’n monopolie nie. Boonop het die departemen­t van landbou nog nie met ’n goeie rede vorendag gekom oor hoekom nog regulering nodig is nie.

Volg die ryk lande van die Organisasi­e vir Ekonomiese Ontwikkeli­ng en Samewerkin­g (OESO) se voorbeeld en bepaal wat die impak op die graan- en oliesade-bedryf gaan wees voor die bedryf en verbruiker ’n bykomende koste van R170 miljoen en administra­tiewe laste moet absorbeer. Is dit regtig nodig?

LUG JOU MENING

Kragtens die Wet op die Bevorderin­g van Administra­tiewe Geregtighe­id (Wet 3 van 2000) vereis die regering binne 30 dae ’n antwoord van jou af. Van 1 April af word die koste by die waardekett­ing gevoeg.

Besluit of dit nodig is en maak jou stem dik. Dra jou standpunt oor aan jou verteenwoo­rdiger in die georganise­erde landbou wat hierby ’n belang het, soos Agbiz Grain, Graan SA, die Suid-Afrikaanse graan- en oliesade-handelsver­eniging (Sacota), die vereniging van veevoerver­vaardigers (Afma), die Meulenaars­kamer, die Kamer van Bakwese en die nasionale verbruiker­sunie (Sancu).

Mnr. Wessel Lemmer is hoofbestuu­rder van Agbiz Grain.

BRONNE:

Cutting Red Tape – National Strategies for Administra­tive Simplifica­tion, OECD, 2006. Richard A. Booth, Self-Regulation in a Democratic Society, 1985.

SIn ’n vorige rubriek oor demensie is die kwessie van volmag bespreek, wat onvoldoend­e kan wees indien dit nie betyds gereël word nie. As ’n oplossing is die gebruik van spesiale trusts aangeraak. Die bepalings word hier bespreek.

BELASTINGV­OORDELE

pesiale trusts is doodgewone inter vivos- (in lewe) trusts wat opgerig word deur middel van ’n ooreenkoms tussen die oprigter en die trustees ten behoewe van ’n begunstigd­e. Die groot verskil is dat slegs een begunstigd­e lewenslank voordele kan ontvang vanuit die trustbates. Die trustees se diskresie word dan ook beperk sodat geen ander persoon voordele mag ontvang nie.

Die akte bepaal wie, by die afsterwe van die begunstigd­e, nuwe begunstigd­es kan word. Indien die nuwe begunstigd­es nie voldoen aan die definisie van ongeskikth­eid nie, sal die trust sy spesiale truststatu­s verloor. Die onus rus op die trustees om die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) in te lig as die omstandigh­ede dermate verander dat die trust nie meer as ’n spesiale trust beskou word nie.

Die opvolgende begunstigd­es kan byvoorbeel­d trust(s) wees van die uitgebreid­e familie of die langslewen­de van ’n ouerpaar.

Die oprigter kan tipies die potensiële lyer wees en die trustees ’n kind of twee. Dit is raadsaam om ook ’n onafhankli­ke persoon as trustee aan te wys. Die wet bepaal nie hoeveel trustees daar moet wees nie, maar daar moet onafhankli­kheid wees wat die besluitnem­ing en die toestaan van voordele betref. In ’n spesiale trust is dit egter nie relevant nie omdat die trustees net vir die begunstigd­e soos aangewys van voordele mag voorsien.

Die belangrikh­eid van ’n onafhankli­ke trustee kom egter na vore as beleggings gemaak moet word. Ten einde beskuldigi­ngs van ander familieled­e te voorkom, word ’n derde, onafhankli­ke trustee aanbeveel. Trustmaats­kappye lewer dié diens teen ’n tarief.

Die trust word geregistre­er as ’n gewone trust en wanneer die begunstigd­e gediagnose­er word met ongeskikth­eid soos hieronder uiteengesi­t, word die trust, met die nodige bewyslas wat by die trustees lê, as ’n spesiale trust by die SAID geregistre­er.

Die wet defineer ’n spesiale trust as: “A trust created solely for the benefit of one or more persons who is or are persons with a disability as defined in section 68(1) where such disability incapacita­tes such person or persons from earning sufficient income for their maintenanc­e or from managing their own affairs.” Hierdie definisie is wyd en maak die gebruik hiervan maklik vir die versorging van gestremdes en bejaardes.

Die definisie van ongeskikth­eid kragtens artikel 6B(1) (Wet 22 van 2000) is: “A moderate to severe limitation of any person’s ability to function or perform daily activities because of physical, sensory, communicat­ion, intellectu­al or mental impairment, if the limitatati­on has lasted or has a prognosis of lasting more than a year and is diagnosed by a duly registered medical practition­er in accordance with the criteria prescribed by the commission.”

Die oprigter, begunstigd­es, trustees of kinders kan dadelik, ná registrasi­e van die trust, maar selfs ook voor registrasi­e as ’n spesiale trust by die SAID, begin om skenkings en rentevrye lenings aan die trust te maak om sodoende bates in die trust te kry.

Spesiale trusts word as individu belas teen glyskale vergeleke ’n vaste tarief van 45% wat vir trusts in die algemeen geld. Skenkings aan spesiale trusts is ook vrygestel van skenkingsb­elasting, asook die renteverpl­igting van artikel 7(c) van die Inkomstebe­lastingwet (Wet 58 van 1962) in hierdie geval.

Iemand kan dus ’n skenking maak aan die trust en sy/haar boedel daardeur verklein en terselfder­tyd enige kapitaal wat oorbly, bewaar vir opvolgende begunstigd­es.

Kinders kan ook lewenspoli­sse aan só ’n trust begunstig wat weer die trustbates vir komende geslagte kan laat bewaar en Jan Taks se hande daarvan afhou. Boedelbela­sting is nie vir ’n tweede keer betaalbaar nie.

Die gebruik van spesiale trusts is net so voordelig indien daar ’n gestremde persoon in ’n gesin is. Dieselfde roete kan dan gevolg word. Die belangrikh­eid van ’n spesiale trust vir veral gestremde persone word beklemtoon wanneer die versorgend­e gesin van só ’n persoon bejaard word of sterf. Elke familie met die vermoë behoort hierdie stap te oorweeg as deel van hul eie, maar veral die ouers se versorging­splan.

Spesiale trusts is ’n gespesiali­seerde gebied van boedel- en fidusiêre beplanning en behoort deur kundiges behartig te word.

Mnr. Johan Brandt is ’n lid van Fisa en ’n regs-en-sakekonsul­tant verbonde aan Allegiance Consulting (Edms.) Bpk.

 ?? FOTO: ?? Alle vee-agente moet teen 30 Junie vanjaar die nodige biosekerhe­idsmaatreë­ls instel en toepas. LBW-ARGIEF
FOTO: Alle vee-agente moet teen 30 Junie vanjaar die nodige biosekerhe­idsmaatreë­ls instel en toepas. LBW-ARGIEF
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa