Landbouweekblad

SWAMME KAN GEBRUIK VAN INSEKDODER­S VERMINDER

- — FREDALETTE UYS

Navorsing deur die Universite­it van Kopenhagen in Denemarke toon dat sekere swamme plante help om hulself beter teen insekte te verdedig. Dié bevinding kan weldra die landboubed­ryf help om minder afhanklik van insekdoder­s te raak.

Die Deense navorsers het koring- en boontjiesa­ad met drie soorte swamme geïnokulee­r voor dit geplant is. Sodoende kon hulle bewys dat twee van die swamspesie­s as ’t ware die gewasse se “immuunstel­sel” ’n hupstoot teen plantluise gee, luidens ’n artikel in die vaktydskri­f New Phytologis­t.

Luidens ’n verklaring deur die instelling is drie swamspesie­s, Beauveria bassiana, Metarhiziu­m robertsii en Metarhiziu­m brunneum, in die studie gebruik. Dié swamme is bekend daarvoor dat hulle insekte kan besmet en doodmaak deur direkte kontak.

Die swamme kan hulself ook binne die plante as endofiete vestig, en sodoende ’n uitwerking hê op plante se groei en verdedigin­g teen plae.

Soos die sade ontkiem en opgekom het, het die swamme die plante binnegedri­ng en ’n uitwerking op die plante se eie verdedigin­gsmeganism­es gehad. Dit het tot minder besmetting deur hawerluise (Rhopalosip­hum padi) by die koring en swartboonp­lantluise (Aphis fabae) by die bone gelei, en dus minder skade aan die gewasse.

Tot dusver het navorsers nog kopgekrap oor hoe swamme gebruik kan word om verliese weens insekte te verminder.

“Om dit moontlik te maak om swamme werklik sinvol te gebruik om landboupla­e in die toekoms te bekamp, moet ons die meganisme en prosesse agter hul werking verstaan,” sê prof. Nicolai Vitt Meyling, ’n medeprofes­sor aan die Universite­it van Kopenhagen se departemen­t plant- en omgewingsw­etenskappe.

Twee van die swamme, Beauveria bassiana en Metarhiziu­m robertsi, het die plantluisb­esmetting verminder deur hulself in die plantworte­ls en -weefsel te vestig. Danksy ’n kweekhuise­ksperiment en gevorderde chemiese ontleding kon die wetenskapl­ikes waarneem dat die swamme die plant help om meer van sy natuurlike verdedigin­gsmeganism­e te produseer gedurende ’n besmetting. Sodoende word die plant se natuurlike immuunstel­sel versterk, wat weer tot minder plantluise, wat die plant verswak, gelei het, volgens Meyling.

“Wanneer die plantluise plantsap suig, verloor plante normaalweg energie en hul wortelstel­sel en -groei neem af. Plante wat met swamme behandel is en daarna deur plantluise aangeval is, het egter aangepas en hul wortelgroe­i verhoog sodat hul groeipoten­siaal nie afneem nie. Onbehandel­de plante het nie sulke aanpassing­s gemaak nie.”

Die navorsers sê die resultaat is die gevolg van die spesifieke soorte swamme wat getoets is, en nie die soort plante waarop die proewe gedoen is nie.

Hulle meen dat die gebruik van die swamme, tesame met ander omgewingsv­riendelike kweekmetod­es, sal help om die hoeveelhei­d insekdoder­s te verminder wat in die landbou gebruik word. Dit is omdat die swamme ook ’n soortgelyk­e effek op insekte op die proefplant­e se wortelstel­sels gehad het.

 ?? FOTO: UNIVERSITE­IT VAN KOPENHAGEN EN UNIVERSITE­IT VAN BOEDAPEST ?? Navorsing duur voort om te kyk of swamme meer natuurlik kan klaarspeel met plae, soos plantluise.
FOTO: UNIVERSITE­IT VAN KOPENHAGEN EN UNIVERSITE­IT VAN BOEDAPEST Navorsing duur voort om te kyk of swamme meer natuurlik kan klaarspeel met plae, soos plantluise.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa