Landbouweekblad

SOMERS IN SA REK

-

Vergeet maar daarvan om steeds jou kinders te probeer leer dat die jaar in vier seisoene, elk drie maande lank, opgedeel kan word. Ook dat ’n mens eers ’n paar maande lank ’n matige lente geniet voordat temperatur­e styg en somer aanbreek. Dié idees hoort in die verlede.

Dít is luidens ’n onlangse artikel in die South African Journal of Science deur dr. Adriaan van der Walt van die Universite­it van die Vrystaat se departemen­t geografie en prof. Jennifer Fitchett van die Universite­it van die Witwatersr­and. Dit is die eerste studie in sy soort wat temperatur­e inspan om seisoene binne ’n Suid-Afrikaanse konteks statisties te klassifise­er.

Die daaglikse minimum en maksimum temperatuu­r wat by 35 weerstasie­s van die Suid-Afrikaanse Weerdiens van 1980 tot 2015 aangeteken is, is ontleed.

Hulle het daaruit bevind dat Suid-Afrika vanaf Oktober tot Maart byna ses maande lank somer geniet. Herfs beslaan beswaarlik April en Mei, en winter strek van Junie tot

Augustus. ’n Tipiese lente word eintlik net in September ervaar.

Volgens Van der Walt moet meer as net reënvalpat­rone gebruik word om seisoene in Suid-Afrika te bepaal omdat te veel veranderli­kes op dié benadering inspeel. Daarby is Suid-Afrika halfwoesty­n, met streke soos die woestyngeb­iede langs die Weskus wat nie eens genoeg reënval ontvang om as aanduider van seisoene te kan dien nie.

“Die gebruik van temperatur­e werk goed, want dit is ’n voortduren­de veranderli­ke. Suider-Afrika ervaar ’n groot genoeg veranderin­g tussen seisoene sodat ’n mens ’n suksesvoll­e klassifika­sie kan maak,” sê Van der Walt luidens ’n verklaring deur die Universite­it van die Vrystaat. Hy sê wat mense gewoonlik as seisoene ervaar, is grootliks gegrond op sekere verskynsel­s, soos bloeisels wat in die lente verskyn, blare wat in die herfs verkleur en die migrasie van voëls. “Hierdie sogenoemde fenologies­e skuiwe is gevoeliger vir temperatuu­r as ander klimaatsve­randerlike­s.

“Dit is nodig om krities te dink oor hoe seisoene verloop pleks van om seisoene arbitrêr volgens maande in te deel.”

Hy meen dit is belangrik om die jaar volgens temperatur­e op te deel, sodat aanpassing­s gemaak kan word om seisoenale veranderin­ge in temperatuu­r weens klimaatsve­randering korrek te monitor.

— ENGELA DUVENAGE

 ?? FOTO TER ILLUSTRASI­E: ENGELA DUVENAGE ?? Volgens ontledings wat eerder temperatuu­r as reënval in ag neem, duur somers in Suid-Afrika ses maande lank.
FOTO TER ILLUSTRASI­E: ENGELA DUVENAGE Volgens ontledings wat eerder temperatuu­r as reënval in ag neem, duur somers in Suid-Afrika ses maande lank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa