Landbouweekblad

Aanhouer wen met rekordoes vir

-

Vyf jaar gelede het mnr. Christo Beukman (46) van Ladybrand by ’n kruispad gestaan. Hy moes besluit of hy die korporatie­we wêreld gaan verlaat en sy naweekboer­dery voortaan heeltyds uitleef. Boerdery was immers sy eerste liefde en hy wou graag iets nuuts aanpak.

Hy het in daardie stadium vir OVK gewerk as hoofbestuu­rder van nywerhede.

“My passie is projekte, om iets van die grond af te ontwikkel en dit te maak werk. Maar jy moet darem ’n ding aanpak wat sin maak.”

Vir Beukman het ’n heeltydse boerdery baie sin gemaak, pleks daarvan om dikwels weg van die huis te wees en min tyd saam met sy vrou, Yolanda, en hul drie kinders, Isabelle (12), Christiaan (10) en Carine (8), deur te bring.

Die deeltydse boerdery is aanvanklik aangepak saam met sy pa, Chris, wat jare lank ’n apteker op Ladybrand was.

“Ons het lande gehad, maar ons het nie gesaai nie. Ons het met vee (Bonsmarabe­este) geboer en net so nou en dan geplant. Toe ek betrokke raak, het ek ’n grondklass­ifikasie gedoen om te sien of dit die moeite werd sou

WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AL GEKRY HET?

As ’n resep in ’n area werk, moenie die wiel herontwerp nie. Volg daardie resep en pas hom net so hier en daar aan.

WIE IS JOU MENTOR IN DIE BOERDERY?

My pa, Chris. Hy is die een wat my van kleins af gevorm en my wysheid geleer het. My pa het my altyd geleer: “As jy nie probeer het nie, het jy misluk.” Dit is jou keuse of jy in die wasbak of in die see wil verdrink. Gaan uit en probeer dinge. Moenie spyt wees as jy iets probeer en dit het nie gewerk nie.

WATTER LESSE HET JY UIT DIE BOERDERY GELEER?

Jy moet jou kop georden kry en binne die omstandigh­ede doelgerig bly. Ek kan nie my konsentras­ie verloor as dit moeilik gaan nie. Einde 2018 was ons moedeloos toe dit teen die eerste week van Desember nog nie gereën het nie. Die skure het vol kunsmis en saad gestaan, maar die reën het weggebly. Dan praat ons mekaar moed in en gaan weer aan. Dit is mos nou maar boerdery.

 ?? FOTO: MEYER KOTZÉ ?? LINKS: Mnr. Christo Beukman loer agter een van die reusesonne­blomme uit in ’n land wat in 2019-’20 die hoogste opbrengs in Pioneer se jaarlikse Weeg-en-Wenkompeti­sie gelewer het.
FOTO: MEYER KOTZÉ LINKS: Mnr. Christo Beukman loer agter een van die reusesonne­blomme uit in ’n land wat in 2019-’20 die hoogste opbrengs in Pioneer se jaarlikse Weeg-en-Wenkompeti­sie gelewer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa