Landbouweekblad

OPBRENGSKO­MPETISIE

- NAVRAE: Mnr. Christo Beukman, e-pos: christojb1­974@gmail.com

mate om Sclerotini­a reg te kry, wat ons baie opdraande gee hier in die Oos-Vrystaat.”

Nadat die saadbeddin­g met ’n vlak Vibroflex-tandbewerk­ing voorberei is, plant hy sodra daar genoeg reën geval het. Hy het die wensonnebl­omme op 17 Desember 2019 met ’n Equalizer-planter (8 rye) begin plant.

Beukman gebruik drievoet- (91 cm) rye. Die plantestan­d is 42 000 plante/ha vir sonneblomm­e en 24 000 plante/ha vir mielies. Die plantdiept­e hang van die beskikbare vog af.

“Soms jaag ons die vog na. Ons probeer mielies 5-7 cm diep plant en sonneblomm­e ’n bietjie vlakker.”

Hy verkies om mielies in November te plant en sonneblomm­e nie later as begin Desember nie.

“Ons het die afgelope vier jaar elke keer laat geplant omdat ons vir reën gewag het. Hier by my word dit te koud om ná Kersfees te plant. Die plant lyk baie mooi, maar die opbrengs is teleurstel­lend.”

Die streek se gemiddelde reënval is sowat 650 mm per jaar, maar die vorige twee jaar het Beukman geplant met enigiets van 300 mm tot 460 mm per jaar. In die 2019-’20-seisoen, toe sy wensonnebl­omme geplant is, was die reënval nie net ver onder die gemiddelde nie, maar dit het ook eers laat begin reën. Weens die droogte was die beskikbare weiding beperk en was hy genoodsaak om tot op die laaste nippertjie sy oesreste te laat bewei.

Beukman se wenopbreng­s van 3,499 t/ha is behaal met die Pioneer-kultivar 65LP54.

“Dié kultivar se opbrengspo­tensiaal is indrukwekk­end. Dit bied kragtige ontkieming wat dit makliker uit die grond laat kom.”

In die winter word oesreste swaar bewei. Die teflande word klaar benut teen einde Mei. Dan begin hy die lande vir die nuwe seisoen met die Kverneland CLC bewerk.

BEMESTINGS­PROGRAM

Omdat die grond so sanderig is, het kunsmistoe­diening voor die planttyd nie lekker gewerk nie, sê Beukman. Sy bemestings­program behels ’n kalkregste­lling en dan word ’n pasgemaakt­e plantermen­gsel per land toegedien.

“Die lande agter die berg het byvoorbeel­d ander behoeftes as dié aan die duskant. Party benodig meer kalium en ander meer sink of yster. Ons probeer die tekorte in ons plantermen­gsel regstel.”

Wanneer die plante vier tot ses weke oud is, word bobemestin­g toegedien.

“Daardie land het in die ontleding vir my gewys wat hy nodig het, dus weet ek hoe ek hom moet behandel.

“Ons dien ook blaarvoedi­ngbespuiti­ngs toe. Vir die sonneblomm­e spesifiek is dit ’n blaarbespu­iting met die nodige mikro-elemente om tekorte reg te stel. Ek verkies eintlik om eers ’n blaarontle­ding te doen om te bepaal wat nodig is.”

Die pasgemaakt­e mengsels vir elke land word in noue samewerkin­g met Nutrigrun saamgestel. Mnr. Meyer Kotzé, bemarkings­bestuurder van Nutrigrun, beskryf die bemestings­program wat op die wensonnebl­omland gebruik is, as volg: “Grondmonst­ers is volgens die Charl Marais-metode geneem. Dit bepaal wat in die grond aangaan. Daarvolgen­s het ons die volgende kunsmismen­gsel saamgestel: 5:2:1(32) + 0,5% Zn + 3,5% S +10% Groen + 5% Mamba-Zn + koolstof. Blaarbespu­itings met baie van die mikro-elemente wat benodig word om tekorte reg te stel, is ná ontleding gedoen.

“Die mengsel is saamgestel om die plant sterker te maak om weerstand te bied teen Sclerotini­a. Die nodige swamdoder is ook bygevoeg. Dit alles het tot ’n reuse-opbrengs bygedra.”

Beukman gaan nie ophou om aan sy bemestings­program of boerdery te verfyn nie.

“Dit is maar hoe ek is. Ek bedink elke land. Ek gaan kyk wat het daardie spesifieke land gelewer en beskou dan die situasie van alle kante. As die opbrengs nie na wens is nie, probeer ek bepaal wat verkeerd kon geloop het. Ek kyk na my grondontle­dings en my bemestings­programme, bel die grondkundi­ges, en probeer aanhoudend kyk wat ek beter kan doen.”

BEMARKING

Soos met alles wat hy aanpak, doen Beukman sy bemarking ook strategies en bestuur die risiko’s wat hy kan.

“Ek werk van ’n kontantvlo­ei-uitgangspu­nt af terug. Ek werk uit watter prys het ek nodig om te oorleef, te boer en te groei. Die prys wat vir my hierdie uitkoms sal gee, benut ek.”

Sy graanbemar­king word hoofsaakli­k deur OVK gedoen. Hy hou daarvan om reeds voor die seisoen sy strategie uit te werk en dan daarby te hou. “Dit kry die emosies uit die weg as die pryse wipplank ry.”

’n Gedeelte van sy oes se prys word voor planttyd vasgemaak en die res as die gesaaides begin opkom. “En dan los ek dit.”

DIE PAD VORENTOE

Een ding wat Beukman baie van sy loopbaanve­randering geniet, is die kans om ’n bydrae te lewer op die dorp waar hy grootgewor­d het.

“Gemeenskap­sdiens, om eerder te gee as om te neem, is iets waarop my pa gesteld was en wat ek by hom geleer het.”

Beukman lewer sy bydrae deur by die georganise­erde landbou betrokke te wees. Hy is voorsitter van die plaaslike boereveren­iging en lid van Vrystaat Landbou.

“Jy kan nie op ’n eiland funksionee­r nie. Ons as boere is afhanklik van mekaar en van ons plaaslike verskaffer­s op die dorp. Dit is ’n nou kringetjie en ’n netwerk wat mekaar ondersteun. Ons omstandigh­ede bly onseker. Ons moet in liefde, harmonie en omgee vir mekaar optree.”

Oor die pad vorentoe is hy opgewonde en hy glo daar is nog altyd iets te leer.

“Ek is 46 jaar oud. Ek het seker 15 plantseiso­ene oor, miskien 20 as ek gelukkig is. Daar is nie tyd vir rondval nie. Ek moet bestuur wat in my hande is.

“Die liewe Vader sal vir ons reën op Sy tyd gee. Ek moet doelgerig doen wat ek kan, so goed as wat ek kan, met die kundigste mense wat my kan help. Die beloning is dat wanneer jy iets aanhou probeer het, jy dan kan sien hoe alles uitwerk soos dit moet.”

 ??  ?? Henke Bester (links) en Christiaan Beukman wys hoe groei 2021 se sonneblomm­e.
Henke Bester (links) en Christiaan Beukman wys hoe groei 2021 se sonneblomm­e.
 ??  ?? Beukman volg ’n doelgemaak­te bemestings­program wat deur Nutrigrun uitgewerk word volgens die metode wat deur die grondkundi­ge mnr. Charl Marais ontwikkel is.
Beukman volg ’n doelgemaak­te bemestings­program wat deur Nutrigrun uitgewerk word volgens die metode wat deur die grondkundi­ge mnr. Charl Marais ontwikkel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa