Landbouweekblad

Reël maklik vervoer met aanlyn platform

- Www.linebooker.com. NAVRAE: Web: www.linebooker.com

Dit gee ’n groot gesukkel af as boere en ondernemin­gs op ’n sekere tyd vragmotors benodig en die regte voertuie nie beskikbaar is nie. Linebooker se aanlyn diens is begin om frustrasie­s in die logistieke bedryf namens kliënte en vervoerver­skaffers in die kiem te smoor.

Linebooker is ’n aanlyn platform waarop kliënte wat goedere wil verskuif, binne minute in kontak is met vervoerder­s wat leë vragmotors beskikbaar het. Met ’n beskikbare vloot van meer as 13 000 vragmotors – hoofsaakli­k platbakke, verkoeling-, Pantechen Tautliner-soort vragmotors – kan Linebooker se kliënte hul vragte met gemak verskuif.

Danksy dié platform bespaar maatskappy­e minstens 30% van die tyd wat gewoonlik aan vervoerreë­lings afgestaan word. Met net ’n paar klikke verbind Linebooker vraag en aanbod, en organiseer en neem verantwoor­delikheid vir die hele proses – van prysbeding­ing en betaling tot versekerin­g. Alle vragvervoe­r, asook die bevestigin­g van die op- en aflaaipros­es, is intyds aanlyn sigbaar vir almal met toegang tot die stelsel.

Die vervoerbed­ryf was reg vir ’n eenvoudige oplossing, soos wat Uber vir die taxibedryf en Airbnb vir die hotelbedry­f was. Gevolglik het Linebooker ’n sentrale koördineri­ngsplatfor­m geskep. Kliënte kan binne enkele minute by Linebooker aansluit en transaksie­s doen wat tot reusebespa­rings kan lei. Die maklike werking van en besparings op die platform is sekerlik die grootste dryfveer agter Linebooker se huidige groei. Meer as 270 kliënte – megaboere, landbouond­ernemings, boerderye, myne, groot maatskappy­e en klein én groot private ondernemin­gs – het al by die platform aangesluit.

SLIM TEGNOLOGIE

Linebooker gee jou maklike toegang tot meer as 320 geregistre­erde topvervoer­ondernemin­gs in Suid- en Suider-Afrika. Met ’n bykomende belegging deur dr. Patrice Motsepe se African Rainbow Capital en vennote in September 2020 word die gebruiksge­mak van die platform nou verder verbeter en die netwerk nog meer uitgebrei.

Linebooker-tegnologie is gebou om kommunikas­ie en bedryfskoö­rdinasie tussen kliënte en vervoerder­s te vereenvoud­ig deur dit so doeltreffe­nd moontlik te maak. Met behulp van die gebruikers­vriendelik­e platform kan kliënte maklik vragte en vragmotors met hul huidige diensversk­affers koördineer. Hulle kan binne 30 minute toegang tot 320 vervoerder­s en meer as 13 000 vragmotors kry om die beste markprys of groter vermoë te verseker.

Asof die gerief en toeganklik­heid nie die platform reeds aantreklik genoeg maak vir kliënte nie, bied dit boonop aan klein ondernemin­gs dieselfde bedingings­mag as groot maatskappy­e.

KEUSE VAN MODELLE

Linebooker se platform bestaan uit twee modelle, naamlik ’n toedeling aan jou eie diensversk­affers en Linebooker se opemarkbie­platform.

Deur middel van die toedelings­model gebruik kliënte die platform om vragte en vragmotors met hul huidige diensversk­affers te koördineer teen vaste, ooreengeko­me tariewe.

Met die opemark-bieplatfor­mmodel kry kliënte dadelik toegang tot die meeste ander Suider-Afrikaanse diensversk­affers wat ’n bod kan plaas op kliënte se vragte. Hierdie opsie bied ekstra vermoë en/of beter tariewe van meer as 320 van die beste vervoerond­ernemings. Linebooker neem verantwoor­delikheid vir die betalings, versekerin­g en diens met ’n bedryfspan wat dag en nag beskikbaar is.

DEURSIGTIG­HEID

Een van die grootste logistieke probleme waarmee ondernemin­gs wêreldwyd sit, is die seisoenale beskikbaar­heid van vragmotors. Dit kan maklik spanning veroorsaak vir ondernemin­gs én vervoermaa­tskappye.

Die meeste kliënte betaal in minder besige tye ’n premie aan hul huidige diensversk­affers met die veronderst­elling dat hulle in besige tye hul vragte sal kan vervoer. Dit is dus te verstane dat kliënte baie ontsteld is indien vragmotors dan nie in die spitstyd beskikbaar is nie.

Totale deursigtig­heid is een van Linebooker se kernwaarde­s. Uit ervaring weet mense in die bedryf daar bestaan nie iets soos 100% gewaarborg­de aanbod tydens spitstye nie. Dit word gerugsteun deur die toename in kliënte wat Linebooker in 2020 in spitstyd gebruik het toe hulle nie voertuie van hul huidige verskaffer­s kon kry nie. Danksy Linebooker se twee modelle is dit moontlik om vooruit vir jou seisoenale vraag te beplan en terselfder­tyd besparings in die lae seisoen te handhaaf.

REGISTREER MAKLIK

Kliënte kan onmiddelli­k toegang tot Linebooker se bieplatfor­m kry deur te registreer op die webwerf

Vul jou besonderhe­de in en toets dan die stelsel. Daar is geen verpligtin­g om ’n vrag te aanvaar sodra die bod gesluit is nie. Kliënte sal vinnig agterkom hoe die proses werk en watter waarde die stelsel bied. Indien ’n vrag aanvaar word, behartig Linebooker alle reëlings, risiko’s en betalings namens die kliënt.

“Veranderin­g is nooit maklik nie, maar gegewe die voortduren­de logistieke frustrasie­s in alle ondernemin­gs kan die voordele van slimtegnol­ogie nie meer geïgnoreer word nie. Dit kan ’n groot verskil maak in jou besigheid,” sê mnr. Naudé Rademan, uitvoerend­e hoof van Linebooker.

 ?? FOTO: HENK BADENHORST ?? Linebooker is ’n baanbreker-vervoerpla­tform wat probleme met die vervoer en logistiek van vragte laat verdwyn.
FOTO: HENK BADENHORST Linebooker is ’n baanbreker-vervoerpla­tform wat probleme met die vervoer en logistiek van vragte laat verdwyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa