Landbouweekblad

Ankerkaroo, bitterkaro­o en bloutulp

- NAVRAE: Dr. Loraine van den Berg, e-pos: LoraineVDB@Dalrrd.gov.za, 0498026740.

Landbouwee­kblad se reeks oor Karoobossi­es begin met ankerkaroo, bitterkaro­o en bloutulp, ’n bolplant. Nie een van hulle is juis die smaaklikst­e plante nie, maar tog het elkeen ’n funksie in die veld.

scens (doringkaro­o) verwar word, maar die voorkoms van ankers behoort geen twyfel te laat nie.

BITTERKARO­O

Gewone naam: Bitterkaro­o (vaalkaroo) Wetenskapl­ike naam: Pentzia globosa Familie: Asteraceae (asterfamil­ie)

Dit is ’n groen bossie – 20-25 cm hoog en 3060 cm in deursnee – met dun, veelvertak­te, houterige stammetjie­s. Die wortelstel­sel is veelvertak en betreklik oppervlakk­ig, hoewel etlike wortels regaf in die grond in skiet.

Die saamgestel­de blaartjies is fyn en diep gelob, en kom dig op die groen takkies voor. As die bossie aktief groei, is die blaartjies baie klewerig en het ’n skerp, bitter smaak en reuk.

Die bitterkaro­o blom gewoonlik in die lente, asook in die laatsomer, herfs en vroeë wintermaan­de. Die saamgestel­de blomme lyk soos ronde, goudgeel knoppies op die kort, groen steeltjies en is gewoonlik veeltallig. As hulle ryp is, kry hulle ’n dowwe, geelbruin kleur. Die saadjies word deur die wind versprei.

Hierdie indringerb­ossie kom wyd versprei voor en is betreklik volop op die skeiding tussen die droë grasveld- en Karoogebie­de. Dit word hoofsaakli­k in vlakteveld en leegtes aangetref – meer dikwels in gevalle waar grasveld in die proses van agteruitga­ng is. Só kom digte stande byvoorbeel­d voor waar suurpolvel­d (Tenaxia disticha) en soetgras- en rooigrasve­ld opbreek vanweë beweiding. Die bossie is taamlik goed droogtebes­tand.

Die bitterkaro­o is die vernaamste kos van die Karooruspe. Dit is grootliks onsmaaklik, maar as skape daartoe gedwing word, sal hulle wel die buitenste takkies van die plant afvreet.

Die bitterkaro­o kan van die ander Pentzia-soorte onderskei word deur sy fyn blaartjies, skerp, bitter reuk en die afwesighei­d van ankers.

BLOUTULP

Gewone naam: Wetenskapl­ike naam: Moraea polystachy­a Familie: Iridaceae (gladiolus-familie) Hierdie lelie-agtige bolplant van 45-90 cm hoog het ’n enkele, groen stammetjie en dra van 4-12 lang, slap blare met duidelik ewewydige are.

Die plant spruit uit ’n ondergrond­se bol. Die lelie-agtige blomme is diepblou tot persblou met geel in die diepste deel van die blom.

Die plant blom gewoonlik in die nasomer, maar kan ook in die lente blom. Die plant sal soms vir jare slegs hier en daar voorkom en dan skielik – veral ná goeie reën en ná ’n droogte – kleurryke, blou stande in leegteveld en vleie vorm. Dit kom ook partykeer yl versprei op ysterklipr­ante voor. In die algemeen hou dit van die beste grond.

Dié lelie is algemeen versprei, maar sy hoofgebied­e is in die oostelike gemengde Karoo- en droë soetgrasve­ldstreke. Die plant is droogte-ontwykend en kan jare lank in die bolvorm rustend onder die grond lê. Die lelie vorm digter stande in uitgetrapt­e leegte- en vleiveld en is feitlik afwesig waar gras oorheersen­d is. Waar hierdie plante voorkom, is dit derhalwe ’n aanduiding van potensieel goeie veld, maar wat in ’n stadium van uittrappin­g verkeer.

Die lelie is wel eetbaar, maar word gewoonlik nie gevreet nie en kan dus as onsmaaklik beskou word. Vir beeste is dit uiters giftig as dit in taamlik groot hoeveelhed­e gevreet word. Skape vreet selde aan die groen plante, maar sal dalk die verdroogde plant vreet.

Buiten vir sy prag as veldblompl­ant het dit geen bepaalde waarde nie. Dit kan nie maklik met ander plante verwar word nie.

Jy kan nou foto’s en beskrywing­s van 250 Karoobossi­es en -grasse op jou slimfoon sien. Laai die gratis Karoobossi­e-toepassing op jou selfoon af deur die Google Play Store of die Apple iStore te besoek en vir “Nama-Karoo Plants” te soek.

 ??  ?? Ankerkaroo (Pentzia incana). Die inlas toon die bossie se “ankers”.
Ankerkaroo (Pentzia incana). Die inlas toon die bossie se “ankers”.
 ??  ?? Bitterkaro­o
Bitterkaro­o
 ??  ??
 ??  ?? LINKS:
(Pentzia globosa).
REGS EN INLAS: Bloutulp (Moraea polystachy­a).
LINKS: (Pentzia globosa). REGS EN INLAS: Bloutulp (Moraea polystachy­a).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa