Landbouweekblad

‘Nuwe tak aanwins vir hele gemeenskap’

- 084 582 1851;

Boord-, wingerd- en graanboere in die Overberg kan uitsien na die opening van AFGRI Equipment se splinternu­we tak op Caledon. Personeel is opgelei om seker te maak klante kry die beste produkte, naverkoped­iens en advies vir alle soorte boerderye.

Sedert AFGRI Equipment vyf jaar gelede sy sakebedryw­ighede na die Wes-Kaap uitgebrei het, is meer takke gevestig en ander vernuwe. Die jongste toevoeging is die nuwe Caledon-tak wat in Maart sy deure open.

“Met AFGRI Equipment se vestiging in die Wes-Kaap is die klem geplaas op die opgraderin­g van die bestaande takke se geriewe om in die omgewing se meganiseri­ngsbehoeft­es te voorsien,” sê mnr. Abrie Visser, bedryfsbes­tuurder van AFGRI Equipment Suidstreek. “Ons het ook in ons personeel se opleiding belê om te verseker ons klante kry die beste diens en produkte van wêreldgeha­lte.”

AFGRI Equipment is in verskeie lande in Suider-Afrika teenwoordi­g. Die maatskappy gee aandag aan alle aspekte van toerusting en werktuie, waaronder verkope, naverkoped­iens en onderdele. Die Suidstreek-afdeling sluit sewe primêre takke in die Wes-Kaap in, asook ’n handelaar op Ashton, naamlik PC Garage.

“Ons nuwe vlagskipta­k op Caledon is perfek vir boord-, wingerd- en graanboere in die Overberg en omliggende gebied danksy die tak se sentrale ligging,” sê Visser. Dié tak sal ook boere bedien in die omgewing van Grabouw en Vyeboom, wat bekend is om vrugteverb­ouing.

Volledige produkreek­se vir die verbouing van kanola, graan, vrugte, groente en wingerde, onderdele, en werktuigku­ndige en adviesdien­ste is beskikbaar.

Die Vredendal-tak, wat in 2017 geopen het, was die eerste tak van AFGRI Equipment Suidstreek. In 2019 is die Rawsonvill­e-tak na ’n opgeknapte Worcester-tak geskuif.

Die Caledon-tak is dus die derde in sy soort wat binne vier jaar ’n nuwe baadjie kry.

Die nuwe perseel op Caledon is gekies vir sy ligging en omdat groot landbouwer­ktuie maklik daar versien kan word. Die werkwinkel beslaan ’n indrukwekk­ende oppervlakt­e van 1 000 m2 en is ideaal vir herstelof onderhoudw­erk.

“Ons het die perseel gekies op grond van sigbaarhei­d, toeganklik­heid, genoeg buiteruimt­e en ’n reuse-werkwinkel waar groot toerusting met gemak versien en herstel kan word. Die tak is langs die N2-hoofweg geleë, sowat 1 km buite Caledon in die rigting van Riviersond­erend.

Toegang tot die tak word verkry via Nerianstes­traat, wat ook na die Caledon-hotel en Tsogo Sun-casino lei,” sê Visser.

“Ons is oortuig daarvan dat hierdie tak van wêreldgeha­lte die volle waarde van AFGRI en sy produkte sal ontsluit tot groot voordeel van al ons klante.

“Die opening van die Caledontak in Maart sal soveel beter in die unieke behoeftes van die boere in die omliggende omgewing kan voorsien. Ons tegnici het intensiewe opleiding ontvang en voldoen aan die hoogste standaarde wat hul bedryfsken­nis en naverkoped­iens betref.

“Omdat ons hoofsaakli­k op naverkoped­iens en ondersteun­ing toegespits is, het ons die afgelope drie jaar 25 nuwe diensbakki­es aangekoop vir dienslewer­ing in die hele Wes-Kaap. Hierdie voertuie is toegerus met al die gereedskap om die beste moontlike naverkoped­iens te verseker,” sê Visser.

“Ons sal jou kan help met bykans alles wat met meganisasi­e verband hou vir verskeie soorte boerderye – van ’n druiwestok tot ’n koringstop­pel – waaronder presisiebo­erdery en die jongste tegnologie. Die perseel is ook groot genoeg sodat jy nuwe aankope eers kan toetsbestu­ur.

“Soos alles wat AFGRI Equipment aanpak, is ons klante se behoeftes en ons personeel se ontwikkeli­ng baie belangrik. Ons is opgewonde oor die opening van die Caledon-tak en ons glo dit gaan ’n groot aanwins vir die gemeenskap en boere in die omgewing wees,” sê Visser. 3206; 084 5474636;

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die vooraansig van AFGRI Equipment se nuwe Caledon-tak met maklike toegang vanaf die N2-hoofweg.
FOTO’S: VERSKAF Die vooraansig van AFGRI Equipment se nuwe Caledon-tak met maklike toegang vanaf die N2-hoofweg.
 ??  ?? Bouwerk aan AFGRI Equipment se nuwe Caledon-tak is pas voltooi.
Bouwerk aan AFGRI Equipment se nuwe Caledon-tak is pas voltooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa