Landbouweekblad

Heinings maklik herstel met draadspant­oestel

- Lbw@landbou.com

’n Nutstoeste­l vir die herstel van draadheini­ngs is die jongste toevoeging tot hierdie bekende Vrystaatse planmaker se reeks oplossings vir boere.

Bultfontei­n se patentkoni­ng, mnr. Michris Janse van Rensburg van die plaas Mooiuitsig, steek nie lyf weg as dit by hande-arbeid kom nie. Sy boereplann­e pas kleinskaal­se boere soos ’n handskoen, maar dit stuit nie groter boere om uit sy praktiese ervaring voordeel te trek nie.

HEININGS HERSTEL

Die algemeenst­e stuk gereedskap wat boere in hul bakkies aanhou, is sweerlik ’n draadtang. Wanneer heinings egter herstel moet word, moet hulle dieper in hul gereedskap­skis krap vir ’n draadspann­er om die individuel­e heiningdra­de snaarstyf te span.

Janse van Rensburg spring dikwels self in om sy plaasheini­ngs te herstel. Derhalwe het hy jare gelede al begin om sy eie draadspant­oestelle te bou.

“Oor die afgelope honderd jaar het draadspant­egnologie nog nie baie verander nie,” sê hy.

’n Vinnige soektog op die internet lewer verskeie modelle op wat op die sperrat-beginsel werk en omgereken uit Amerikaans­e dollar sowat R400 en aansienlik duurder kos. Soortgelyk­e toestelle op plaaslike winkelrakk­e beloop sowat R800 elk.

Janse van Rensburg pas sy ontwerpe voortduren­d aan. Sy jongste draadspann­er werk volgens hom aansienlik beter as die vorige een.

“Die vorige draadspant­oestel het gewerk, maar daar was dinge wat gepla het, soos dat dit die gebruiker nie genoeg ruimte gegee het om die draad te knoop nie omdat sy ketting in die pad was.

“Dit het beteken ’n mens moes gewoonlik die draad ekstra spanning gee om te vergoed vir wat jy verloor het omdat daar nie ruimte vir die draadlas was nie.”

Nog ’n krapplek met die ou toestel was dat dit nie ’n fyn verstellin­g toegelaat het nie, veral as jy met ouer draad gewerk het.

Laat hoor asseblief van jou as jy ook ongewone, vindingryk­e planne het. Stuur ’n e-pos na met foto’s en ’n kort beskrywing.

 ??  ??
 ??  ?? Die G-klampagtig­e draadspant­oestel met al sy onderdele.
Die G-klampagtig­e draadspant­oestel met al sy onderdele.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa