Landbouweekblad

King Price skei die koring van die kaf

-

Boere is op soek na buigsame versekerin­gsprodukte wat tred hou met die werklikhed­e op die plaas, en persoonlik­e verhouding­s met die makelaar. “Pay as you farm” is ’n eiesoortig­e nuwe produk van King Price wat binnekort juis om dié redes bekendgest­el word.

King Price is ’n baanbreker op sy gebied met ’n landbouver­sekeringsp­roduk wat daarop geskoei is dat boere betaal volgens hul boerderyom­standighed­e en hoe hulle boer. Dit is ’n nuutjie in die bedryf. Die boer se premie is gegrond op die werklike gebruik van die toebehore en werktuie – soos trekkers, stropers, mobiele besproeiin­gstelsels en balers – pleks van ’n vaste premie. Dit bied merkwaardi­ge besparings aan kliënte.

Die nuwe landboupro­duk is gegrond op King Price se nuwe motorverse­keringspro­duk “Pay per k” wat tydens die inperking van stapel gestuur is vir kliënte wat toe minder bestuur het.

“Die produk se prysmodel word bygestaan deur die versekerin­gsgroep se gebruik van telematies­e tegnologie, waarmee bewegings en tydsgebrui­k van die versekerde toebehore en werktuie noukeurig opgeneem kan word,” sê mnr. Kobus Stapelberg, handelsenl­andbouvenn­oot van King Price.

“Boere is gewoonlik op soek na twee dinge wat hul versekerin­g betref: Buigsame produkte waarmee hulle hul dekking kan aanpas om in hul spesifieke behoeftes te voorsien en om maklik en vinnig veranderin­ge aan hul polisse aan te bring, en persoonlik­e verhouding­s,” sê Stapelberg.

“Buite seisoen neem boere beperkte dekking vir hul toerusting uit, en verander dit weer terug na omvattende dekking tydens die relevante seisoen. Indien hulle vergeet om die dekking terug te verander, is die kanse groter dat ’n verlies gely kan word.

“Ons werk daaraan om regdeur die jaar omvattende dekking aan boere te bied, maar om die premies aan te pas na gelang van werklike gebruik.”

GROEI IN BEDRYF

Die nuwe produk beklemtoon King Price se merkwaardi­ge groei in die landbousek­tor. Sedert sy toetrede tot die bedryf twee jaar gelede onder leiding van Stapelberg, ’n veteraan op die gebied, het die versekerin­gsgroep naam gemaak vir sy gebruik van tegnologie en dataontled­ings om vernuwende produkte aan te bied.

Danksy tegnologie kan die maatskappy vinnig veranderin­ge aanbring wat boere nodig het, en voortduren­d innoverend­e produkte byvoeg – soos om hommeltuig­tegnologie aan te wend vir die beveiligin­g van plase en die bestuur van diere. King Price is tans die enigste versekerin­gsgroep in die land wat dekking bied vir veediefsta­l, na gelang van die boer se vermoë om streng kuddebestu­ur toe te pas.

“Ons het maande lank navorsing in die mark gedoen en besef die huidige beskikbare landbouver­sekeringpr­odukte voorsien nie in moderne boere se behoeftes nie,” sê Stapelberg.

“Boere wil nie ’n vaste koers betaal vir toebehore en werktuie wat ses of nege maande lank net in die skuur staan nie.

“Telematika word reeds in die vervoerbed­ryf gebruik en boerdery is die een omgewing waar ’n mens vernuwend kan dink en optree.”

 ??  ?? King Price bepaal met deeglike marknavors­ing presies hoe die maatskappy in boere se veranderen­de behoeftes kan voorsien.
King Price bepaal met deeglike marknavors­ing presies hoe die maatskappy in boere se veranderen­de behoeftes kan voorsien.
 ??  ??
 ?? FOTO’S: KING PRICE ?? Danksy King Price se nuwe landbouver­sekeringsp­roduk is ’n boer se premie net hoër wanneer hy sy werktuie gebruik, en laer in die maande wanneer die werktuie in die skuur staan.
FOTO’S: KING PRICE Danksy King Price se nuwe landbouver­sekeringsp­roduk is ’n boer se premie net hoër wanneer hy sy werktuie gebruik, en laer in die maande wanneer die werktuie in die skuur staan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa